Ontspanning en lewenstyl (Recreational and Lifestyle Unit, RALU)

Die eenheid vir ontspanning en lewenstyl (Recreational and Lifestyle Unit, RALU) is in 2015 geskep as deel van Maties Sport se nuwe strategie en in lyn met die Universiteit Stellenbosch se doelwitte om ’n “transformatiewe studente ervaring; doelgerigte vennootskappe; en inklusiewe netwerke te skep”. 

RALU beoog om toegang tot ’n uiteenlopende program vir ontspanning en aktiewe leefstyl te bied, wat fokus op ontspanning en welstand vir die groter Maties studente ervaring. Dit is ’n eenheid wat interne en eksterne geleenthede, aktiwiteite en alternatiewe sportgeleenthede bied vir die groter studente- en personeelgemeenskap. RALU se mandaat is om sport, ontspanning en aktiewe lewenstylaktiwiteite aan te bied vir studente en personeel wat nie deel uitmaak van die kodes vir hoë prestasie en mededingende sport nie. Die doel daarvan is om 'n inklusiewe omgewing te skep waar mense se verskille gevier word, en mense kan bymekaar kom en pret hê.

RALU werk nou saam met die Studente Raadslid vir Sport, wat die skakel is tussen die Studente gemeenskappe en Maties Sport. Verder werk die eenheid saam met die Sentrum vir Studente Gemeenskappe (Centre for Student Communities) deur koshuisklusters vir die Maties Ontspanning Spele te verskaf om die breër studentegemeenskap die geleentheid te bied om deel te neem aan korter weergawes van die tradisionele sportkodes.RALU maak voorsiening vir die volgende sportkodes: Rasieleiers, Ultimate frisbee, muurklim, Toutrek, Vlugbal, Ruitersport en Judo.

RALU Jaarprogram

  • Die Verwelkomingsfees, ’n jaarlikse instelling wat tydens die oriënteringsweek vir eerstejaarstudente plaasvind. Die doel van die geleentheid is om die studente bekend te stel aan die buitemuurse aktiwiteite wat deur die Universiteit Stellenbosch aangebied word, in die vorm van verskillende sportklubs en -verenigings.
  • Die Verenigingsfees, het 'n soortgelyke opset as die Verwelkomingsfees, maar dié samekoms is hoofsaaklik gerig op terugkerende studente. Maties Sportklubs en die verskillende verenigings het stalletjies waar hulle wys wat hulle aan potensiële klublede bied.
  • Die Varsitbeker-ondersteunerspark dien as vermaak vir die studente wat Varsitybeker-tuiswedstryde bywoon. Daar is verskillende aktiwiteite waaraan die studente kan deelneem, wat bydra tot die atmosfeer en die hele ervaring van die tuiswedstryde. Die doel is om vermaak te bied, asook ’n bydrae te lewer tot die bou van 'gees', Gooi Mielies!!!
  • Maties Ontspanning Spele is ’n laataand/naweek sportbyeenkoms wat tussen April en September aangebied word, dit bied die geleentheid vir studente om aan die een of ander vorm van sport deel te neem met die doel om aktief te wees. Variasies van tradisionele sportsoorte word gespeel, soos Futsal-sokker, Basketbal 3v3, Tag-rugby, ens. Die Spele word deur die studente self gereguleer en die sportklubs voorsien toerusting en die geriewe wat vir die Spele gebruik word.
  • Inheemse Spele - RALU bied in samewerking met die Wes-Kaapse Sportfederasie (DCAS) 'n inheemse speledag aan vir studente van die Universiteit Stellenbosch. Die studente kry die geleentheid om van verskillende inheemse speletjies te leer en teenmekaar vir die pret te kompeteer. Die studente word volgens hul verskillende klusters/koshuise in spanne gegroepeer. Die doel van dié dag is vir die bewusmaking van verskillende inheemse speletjies en die studente om te ontspan.
  • Erfenisbewusmaking - Gedurende erfenismaand poog RALU om studente aan die verskillende kulture bloot te stel. In samewerking met die Sentrum van Studente Gemeenskappe word kulture aan die koshuise toegeken. Hulle moet dan ’n kort video maak oor die kultuur en wat hulle geleer het. Dit word dan op sosiale media gedeel.
  • Aktiewe studie-rusperiodes – RALU bied in samewerking met die Maties Gimnasium aktiewe rusperiodes vir studente tydens eksamentyd en in toetsreekse. Die idee is dat studente se liggame aktief bly terwyl hul brein rus. ’n Gesonde liggaam dra by tot 'n gesonde gees, wat studente met hul akademiese prestasies sal help.
  • Internasionale Week vir Universiteitsport (IWUS), is ’n jaarlikse geleentheid waar universiteitsport wêreldwyd erken word. Gedurende dié week word universiteitsport gevier en stuur FISU jaarliks ​​kommunikasie uit oor hoe die verskillende universiteite aan die geleentheid kan deelneem. RALU se rol in IWUS is om aan studente van die Universiteit Stellenbosch te kommunikeer hoe hulle kan deelneem en die aktiwiteite kan organiseer/koördineer.
  • Internasionale dag vir universiteitsport (IDUS), is ’n viering van universiteitsport wat verskeie universiteitsport-belanghebbendes help om hul sportbyeenkomste te bevorder en ’n dialoog oor universiteitsport te skep. IDUS beoog om ’n platform te skep vir universiteitsport-entiteite om idees, praktyke, geleenthede en uitdagings wat hulle in die universiteitsportruimte teëkom, te bespreek.
  • Wêreldloopdag, is ’n inisiatief deur die Vereniging vir Internasionale Sport word vir Almal (TAFISA) gekoördineer. Dit is 'n inklusiewe en toeganklike wandeling waaraan deelnemers van regoor die wêreld deelneem. Dit is ’n wêreldwye dag wat ten doel het om inklusiewe sportsoorte te bevorder. Vir die dag organiseer RALU ’n wandeling vir personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch.