Hoë Prestasie Eenheid

Die Maties Sport Hoë Prestasie Eenheid is verbind tot die ontwikkeling van ons studente-atlete se sporttalente deur gebruik te maak van beproefde ingrypingsprogramme en professionele dienste. Die program word bedryf binne ’n sporttalent ontwikkelingsraamwerk met noodsaaklike areas van belang wat die daaglikse aksies bepaal.

Die vier kern areas sluit in Geïntegreerde Medisyne en Wetenskap (alle areas binne sportmedisyne soos sportdokters, dieetkundiges, mediese spesialiste ens.); Werwing en Behou van talentvolle studente-atlete; Prestasie Verbetering (insluitende krag en kondisionering, gimnasium toegang, tegnologie, sportsielkunde en verskeie aspekte van toetsing en monitering).

’n Unieke vierde komponent van die HP program is die PACER (Persistence, Authenticity, Community, Empathy, Resilience) Holistiese Studente-Atleet en Afrigter ontwikkeling- en ondersteuningsprogram. Die program is gefokus op die akademiese ondersteuning aan studente-atlete, leierskapsontwikkeling, en ondersteuning aan leierskapgroepe/kapteine van ons spanne asook die opleiding en ontwikkeling van ons hoof- en hulp-afrigters.

Sleutel tot die bestuur van die program is ons voltydse hoof-afrigters van elkeen van die HP sportkodes. Die afrigters is die dryfvere agter die program wat gebaseer is op beproefde beste praktyk en ’n deurlopende begeerte om innoverend en op datum te wees met ons prestasie verbeteringstrategieë.

Die sportkodes tans deel van die HP-program sluit in:

  • 1 Atletiek (Mans & Vroue)
  • 2 Krieket (Mans)
  • 3 Sokker (Mans & Vroue)
  • 4 Hokkie (Mans & Vroue)
  • 5 Netbal
  • 6 Rugby 15s; Rugby Sewes (Vroue net Sewes)
  • 7 Watersport (Swem & Waterpolo; Mans & Vroue)
  • 8 Basketbal (Mans & Vroue)

Die HP Eenheid is verantwoordelik vir die optimalisering van die atletiese ontwikkeling en fisiese en akademiese prestasie van die Maties Sport Hoë Prestasie studente-atlete en spanne.

As ’n diensleweringseenheid maak dit gebruik van sporttegnologie in die ontwerp, implementering, monitering en evaluering van innoverende oefenprogramme binne die Maties Sport High Performance Intergrated Medicine and Science (IMAS) program. Die krag en kondisionering pligte sluit in oefenprogramme vir die gimnasium en op die speelveld. Dit dek alle aspekte van prestasie verbetering en bemagtiging van HP studente-atlete.