Vir Duncan Woods het sy tyd by Maties oor veel meer as net akademie en waterpolo-kompetisies gegaan. Dit was ’n bepalende hoofstuk in sy lewe, gekenmerk deur vriendskap, prestasie en ’n studente-atleet-ervaring wat hy vandag steeds ag met waardering. Duncan het BA MBK met Besigheidsbestuur aan die Stellenbosch Universiteit studeer en kyk terug op sy jare by Maties as…
Sukoluhle Linda Dube, oorspronklik van Zimbabwe, het met ‘n meestersgraad in ekonomie gegradueer. Sy het haar studie voltooi terwyl sy haar ma aan kanker verloor het, en het die nuus gedurende ‘n sokkertoernooi in Kimberley ontvang. Danksy die ondersteuning van haar suster, ook ‘n dosent by die US, kollegas en spanmaats, beplan sy nou om ‘n PhD en ‘n toekoms in die akademie te volg. Sukoluhle Linda Dube het in die vroeë oggendure van 4 Desember 2024 in die middel van ‘n sokkertoernooi in Kimberley waar sy die Universiteit Stellenbosch (US) verteenwoordig het en ver van die huis af was, die oproep ontvang wat…
Leierskapslesse aan die Universiteit Stellenbosch (US) vind soms buite lesingsale en vergaderkamers plaas. In plaas daarvan ontvou hulle in die universiteit se weivelde, omring deur bome en berge, waar twee Appaloosa-merries studente en personeel stilweg langs ‘n ander leierskapspad lei. Die HERD-program put uit navorsing oor senuweestelselregulering, nie-verbale kommunikasie, groepsdinamika, etologie en mens-dier-interaksie, en bied…
Daar is baie op die spel in vanjaar se Varsitybeker-kompetisie wat op Maandag, 16 Februarie, begin en oor die bestek van twee maande sal plaasvind. Maties se vrouespan wil graag die trofee behou nadat hulle in 2025 as kampioene gekroon is, en Maties se manspan wil nie net die eindstryd haal nie, maar weer die trofee lig. Die mans begin hul…
Welkom by ’n nuwe jaar van sportuitnemendheid by Maties Sport! 2026 beloof ’n kalender propvol geleenthede vir al ons sportkodes en verseker dat daar iets is vir almal: vir studente-atlete om hul talent ten toon te stel; vir administratiewe, afrigting- en ondersteuningspersoneel om ons hoë standaarde te handhaaf; vir ons hooggeagte alumni om in verbinding te bly; en vir ons passievolle #MaroenMasjien-aanhangers. ’n Jaar van trots, prestasie en…
Dié oud-Matie is gebore vir die groot oomblik Hy het as 15-jarige sy debuut vir sy land gemaak, hy was aanstuur van sake toe Namibië sy eerste sege in ’n Wêreldbeker-kriekettoernooi behaal en het met meer as een geleentheid die Maties Krieket-span tot glorie gelei. Gerhard Erasmus is ’n sleutelfiguur in Namibië se sukses op…
Mari leef vir oomblikke en nie hoogtepunte As ’n gebore en getoë Stellenbosser, is Mari Rabie se wortels van uitnemendheid diep in dié Bolandse dorp geplant. Mari het haar BCom-graad in Aktuariële Wetenskappe in 2009 aan die Stellenbosch Universiteit verwerf. Voor sy by die Maties-familie aangesluit het, was sy ’n leerling by Hoër Meisieskool Bloemhof…
Twee Maties Sport-staatmakers, Dan Brown en Karen Swart, is vir 25 jaar se toegewyde diens erken met ’n toekenning vir uitnemendheid deur die kantoor van die Universiteit Stellenbosch se bedryfshoof. Dié jaarlikse toekenning erken uitnemende bydraes deur personeel binne die bedryfshoof se verantwoordelikheidsentrum. Dan het as 13-jarige, toe hy nog ’n leerder aan Hoërskool Cloetesville…
Hy is slegs 19, maar die Namibiese strandvlugbalkampioen Max Krafft het reeds nasionale titels verower, op die internasionale verhoog deelgeneem, en sy land op globale vlak verteenwoordig. As ’n eerstejaarstudent in ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, het hy sy debuut vir Maties Sport se vlugbalspan gemaak by die USSA Strandvlugbal-toernooi wat van 22-24 November 2025…
Maties Rugby is meer as ’n klub. Dit is ’n gemeenskap, ’n gesin, en ’n erfenis wat inspireer. Ons het vanjaar Maties Rugby se 150e herdenking gevier. Ons is die tweede oudste klub in die land, en ons storie bestaan nie net uit legendes wat huishoudelike name geword het nie, maar ook uit baie onbesonge…