As Maties se Senior Sportbestuurder, Anche Nortje die geleentheid kry, sal sy al die personeel van die Stellenbosch Universiteit graag wil betrek by fisieke welstand – of dit nou joga, meditasie, bewustelike stap of selfs masserings is. En dit alles as deel van hul werksdag! “Dit maak besigheidsin,” sê die bestuurder van Maties Hokkie en…
Jy mag haar dalk nie raaksien nie, maar as daar ’n byeenkoms by Maties Sport is – groot of klein – kan jy maar weet Kim Coetzee is êrens en orals. Lank voordat die gaste opdaag, sweet sy al met die logistiek, nodige vereistes, verskaffers, kwotasies, goedkeurings en sigblaaie. Terwyl die byeenkoms aan die gang…
Atlete van die Stellenbosch Universiteit het merkwaardige deursettingsvermoë en vasberadenheid tydens die 2025 Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) Winterspele ten toon gestel, met uitmuntende vertonings in veral vrouehokkie, netbal en muurbal. Die kodes het aansienlike beter vertonings gelewer in vergelyking met verlede jaar en dié jaar twee goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes Matieland toe gebring.…
Suid-Afrika se enigste Universiteit met drie watergebaseerde astroturf-velde Terwyl ons voorberei vir die 2025 USSA Winterspele, is daar opgewondenheid onder al die Maties Sport-kodes. Tussen 27 Junie en 9 Julie sal Maties sy volle sportkrag ten toon stel — hetsy op ons tuis-astroturf of elders in die land in Gqeberha, Pretoria of Johannesburg. Ons spanne…
Met sy eksamen agter die rug, kan die Stellenbosch Universiteit-student Jason Fogle nou op sy tennis fokus voordat hy na Duitsland vertrek. Die opkomende tennisspeler van die Stellenbosch Universiteit is onlangs gekies om Suid-Afrika vir die tweede keer by die FISU Wêreld Universiteitspele te verteenwoordig. Vanjaar se byeenkoms is in Duitsland, vanaf 16 tot 27…
Dit het amper gevoel of dit bestem was dat David Bedingham deel sou wees van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat geskiedenis gemaak het deur die eerste SA-krieketspan te wees wat ’n Wêreldkampioenskap wen… en daarmee ’n 27-jaar lange droogte beëindig. Die voormalige Maties-krieketspeler en Sportman van die Jaar (2019) moes regdeur sy loopbaan struikelblokke oorkom, groot…
Om ’n Matie te wees, is ’n voorreg Varsitybeker-wedstryde Maandagaande in ’n volgepakte Danie Craven-stadion was nie net besonders danksy die atmosfeer nie, maar omdat hy op die veld gehardloop het saam met vriende. Dit is hoe Maties Rugby se Reniel Hugo een van die drie dele waaruit ’n student se lewe bestaan, beskryf. Reniel…
Ons het voor USSA kontak gemaak met die Varsitybeker-kapteine Ezekiel Ngobeni, Carel van der Merwe en Liza Slabbert om hul mening oor hul Maties-ervaring te kry. Al drie beskryf dit as een van groot persoonlike groei waardeur hulle spanwerk, selfdissipline, strategiese beplanning, kommunikasie en leierskapsvaardighede geleer het, en ongelooflike lewensvaardighede opgedoen het. En die woorde…
Die goue medalje by die pas afgelope Wêreld Atletiek Aflos-kampioenskappe is nie net nog ’n medalje nie, dis lewensveranderd, vertel oud-Matie Gardeo Isaacs. Die 26-jarige Isaacs was deel van die manspan wat die 4x400m-aflos gewen het. Dit was Suid-Afrika én Isaacs se tweede Wêreld Atletiek aflos-medalje. Die Suid-Afrikaners het silwer verower in 2024 toe die…