Hy is slegs 19, maar die Namibiese strandvlugbalkampioen Max Krafft het reeds nasionale titels verower, op die internasionale verhoog deelgeneem, en sy land op globale vlak verteenwoordig.
As ’n eerstejaarstudent in ingenieurswese by die Universiteit Stellenbosch, het hy sy debuut vir Maties Sport se vlugbalspan gemaak by die USSA Strandvlugbal-toernooi wat van 22-24 November 2025 in Durban aangebied is.
Krafft se sportreis het begin lank voordat hy strandvlugbal ontdek het.
“Ek was bevoorreg dat my ouers my baie sport laat doen het,” onthou hy. “Ek het elke dag ná skool twee verskillende sportsessies gehad.”
Hy het gimnastiek, sokker en swem gedoen en aan nasionale kompetisies deelgeneem.

Daardie breë sportgrondslag het ongeveer vier jaar gelede in ’n passie vir strandvlugbal verander. Die balvaardighede, beweeglikheid en mededingende ingesteldheid wat hy oor sportkodes heen ontwikkel het, het waardevolle bates op die sand geword.
Hy ding mee saam met sy jonger broer, ’n vennootskap wat versterk is deur jare se saamspeel en oefen.
“Ons het ’n fantastiese verhouding – ons het baie saam gespeel. Daar is natuurlik hier en daar konflik, maar nie baie nie,” lag Max.
Sy pa, ’n alumnus van die Universiteit Stellenbosch se ingenieursfakulteit, rig die paar af, en hul ma bestuur die span en logistiek. Hierdie sterk gesinsondersteuning, saam met sy pa se verbintenis met Stellenbosch, het ’n groot rol gespeel in Max se besluit om in Suid-Afrika te studeer.
“Dis altyd lekker om daardie ondersteuning te hê,” sê Max.

Daardie leiding het die broers gehelp om in 2025 ’n groot mylpaal te bereik toe hulle goud gewen het by die o.21 Afrika Strandvlugbal-kampioenskap in Marokko. Daarmee het hulle ’n plek verdien by die o.21 Wêreldkampioenskap in Meksiko, waar hulle Afrika trots verteenwoordig het en teen van die top- Europese spanne te staan gekom het.
Max se internasionale ervaring sal ’n bate wees vir Maties se vlugbalprogram, wat hy met ’n veeleisende ingenieursgraad moet balanseer. Hy het dié uitdaging met ’n verstandige strategie en dissipline benader, en hy was baie opgewonde oor sy eerste USSA-toernooi in Maties-kleure.
Hy is ’n voorbeeld van ’n jong ingenieurstudent wat verbind is tot akademiese sukses en ’n strandvlugbalatleet wat homself reeds op nasionale en internasiole verhoog bewys het.
Alle oë is op hierdie jong studente-atleet, nie net vir sy prestasie nie, maar ook vir die merkwaardige reis wat hy rig met harde werk, wat Maties se boodskap van uitnemendheid op die sportveld én in die lesinglokaal weerspieël.
By Jamie Wyngaardt