Nuus
Maties Sport en die Fakulteit Opvoedkunde span saam om sportleierskap, navorsing en sosiale impak te bevorder
Die Universiteit Stellenbosch (US)het ’n betekenisvolle tree vorentoe gegee om sport, onderrig en sosiale impak te integreer met ’n nuwe vennootskap tussen Maties Sport en die Fakulteit Opvoedkunde. Die memorandum van verstandhouding wat hulle onlangs onderteken het, formaliseer samewerking met die Sentrum vir Sportleierskap (SSL) en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale Impak…
Read More2025 Toekennings vir Maties Rugby 150 Legacy-bewaarders
Maties Rugbyklub het spelers vir uitstaande prestasies vereer tydens sy jaarlikse toekenningseremonie in Stellenbosch. Die hoof van Maties Rugby, Drikus Hancke, het die byeenkoms toegespreek en gesê: “Terwyl ons toekennings uitdeel, onthou: hierdie trofeë verteenwoordig meer as net ‘n seisoen se poging. Hulle verteenwoordig die erfenis wat ons geërf het, die harde werk van die…
Read MoreTyd om in te loer by Maties Sport Alumnus: Gemma Haywood
As student-atleet aan die Stellenbosch Universiteit moet jy vinnig leer jy hoe om onafhanklik te wees en verantwoordelikheid vir jou aksies te aanvaar. “As ’n Matie is ek in die posisie geplaas waar ek baie vinnig moes leer hoe om onafhanklik te wees. Ek moes vinnig leer oor take soos ’n begroting en tydsbestuur. Ek…
Read MoreVroue-rugbyspelers kan taai wees – met geverfde naels
Net soos manrugbyspelers aggressief op die veld en heel ordentlik weg van die speelveld is, kan vroue-rugbyspelers vir 80 minute robuus wees en dan daarna hul naels laat doen, sê Maties Rugby se vroue-span se hoofafrigter, Aneesah Adams. “Mense moet ophou om vroue-rugby – en vroue in kontaksport in die algemeen – te stereotipeer,” sê…
Read MoreNathaly koester Maties Basketbal se ‘slim vroue’
“Geen spyt, net lesse” is Nathaly September se motto as afrigter van Maties Vroue-basketbal, as vrou en as ma. “Dit kan moeilik wees om huis- en gesinslewe te balanseer met professionele sport, maar met die regte ondersteuning is dit moontlik én lonend,” sê Nathaly, wie se man ook “in die bedryf” is as ’n bofbal-afrigter.…
Read MoreUS-GAPS-program fokus op “ontwikkeling van atlete in ons sorg”
Daar is geen regverdiging vir para-atlete uit Afrika om by internasionale multisportgeleenthede op te daag om hul land met trots te verteenwoordig, en dan swak presteer omdat daar nie in hul ontwikkeling belê is nie. Om atlete, hetsy gestremd of nie, na hierdie geleenthede toe te stuur sonder dat daar voldoende tyd en geld in…
Read MoreAnche sê: ‘beweeg, beweeg, beweeg …’
As Maties se Senior Sportbestuurder, Anche Nortje die geleentheid kry, sal sy al die personeel van die Stellenbosch Universiteit graag wil betrek by fisieke welstand – of dit nou joga, meditasie, bewustelike stap of selfs masserings is. En dit alles as deel van hul werksdag! “Dit maak besigheidsin,” sê die bestuurder van Maties Hokkie en…
Read MoreKim Coetzee
Jy mag haar dalk nie raaksien nie, maar as daar ’n byeenkoms by Maties Sport is – groot of klein – kan jy maar weet Kim Coetzee is êrens en orals. Lank voordat die gaste opdaag, sweet sy al met die logistiek, nodige vereistes, verskaffers, kwotasies, goedkeurings en sigblaaie. Terwyl die byeenkoms aan die gang…
Read MoreMaties toon krag by 2025 USSA Winterspele
Atlete van die Stellenbosch Universiteit het merkwaardige deursettingsvermoë en vasberadenheid tydens die 2025 Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) Winterspele ten toon gestel, met uitmuntende vertonings in veral vrouehokkie, netbal en muurbal. Die kodes het aansienlike beter vertonings gelewer in vergelyking met verlede jaar en dié jaar twee goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes Matieland toe gebring.…
Read MoreMaties Sport bied USSA-Hokkietoernooi aan by SU se nuwe fasiliteite
Suid-Afrika se enigste Universiteit met drie watergebaseerde astroturf-velde Terwyl ons voorberei vir die 2025 USSA Winterspele, is daar opgewondenheid onder al die Maties Sport-kodes. Tussen 27 Junie en 9 Julie sal Maties sy volle sportkrag ten toon stel — hetsy op ons tuis-astroturf of elders in die land in Gqeberha, Pretoria of Johannesburg. Ons spanne…
Read More