Posts by natheerah
Maties Hokkie spog nou met drie astroturfs
Maties Hokkie het weer sy hokkie-aanbod uitgebrei deur ‘n derde astroturf by hul fasiliteit te voeg en atlete amptelik in Augustus vanjaar na hul fasiliteite uitgenooi. Hierdie astroturf het ‘n werklikheid geword, danksy die waardevolle vennootskap tussen die Universiteit Stellenbosch (US) en Paul Roos Gimnasium (PRG). Dit is amptelik op 12 Februarie 2024 gelê en…
Read MoreMaties Rugby onderteken ooreenkoms met nuwe hoofborg Mitchum
Maties Rugby het ’n hoofborgskapooreenkoms met Mitchum onderteken, wat beoog om die twee handelsmerke te versterk met gedeelde waardes soos uitnemendheid, innovasie en die verskuiwing van grense. Dié verbintenis wil ons studente-atlete inspireer en in staat stel om prestasie op en weg van die veld te verbeter. “Ons is baie dankbaar en opgewonde om Mitchum…
Read MoreMaties Hokkie-alumni wat SA by die Olimpiese Spele verteenwoordig
Stellenbosch Universiteit het nie minder nie as agt voormalige Maties Hokkiespelers in die Suid-Afrikaanse spanne vir die Parys Olimpiese Spele. Die span sluit voormalige Maties-mans Daniel Bell, Andrew Hobson, Keenan Horne, en Jacques van Tonder in. Die vroue wat hul land verteenwoordig, is Quanita Bobbs, Stephanie Botha, Erin Christie, en Kayla de Waal. Nog ’n…
Read MoreNetbal-alumni blink uit in eerste Engelse seisoen
Voormalige Maties-netbalspelers Nichole Taljaard en Nicola Smith het pas hul eerste seisoen as spelers in Engeland se Netbal Superliga afgesluit. Taljaard het vir London Pulse gespeel, en Smith het Loughborough Lightning verteenwoordig. Beide Taljaard en Smith het ook nasionale kontrakte vir 2024 verwerf. Loughborough Lightning en London Pulse het onderskeidelik tweede en derde op die…
Read MoreSokkerlegende besoek Matieland
Maties Sokker het ’n fondsinsamelingsgeleentheid aangebied met voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler Shaun Bartlett as gasspreker. Hy het sy ervaringe as speler en afrigter gedeel. Dié Suid-Afrikaanse sportlegende het ’n roemryke loopbaan as speler én as afrigter. Hy het in 1992 sy loopbaan by Cape Town Spurs begin. Later het hy vir van die grootste klubs in…
Read MoreSemenya keer terug na Stellenbosch
Dit was ’n 360-oomblik vir Caster Semenya – en vir Stellenbosch – toe die wêreldbekende hardloop-ikoon die dorp weer besoek het om met studente te praat oor haar boek, haar loopbaan en om jongmense aan te spoor om getrou te wees aan hulself. In April 2016 het Semenya vir Suid-Afrikaanse atletiekgeskiedenis in die Coetzenburgstadion gesorg.…
Read MoreMaties se Zanele, Paralimpiese legende sterf
Suid-Afrika se sportgemeenskap is geskok met die nuus dat een van sy mees gevierde dogters oorlede is. Die nuus van Paralimpiese ikoon Zanele Situ (52) se dood is met buitengewone hartseer ontvang. Gebore as Ntombizanele Situ op 19 Januarie 1971 in die Oos-Kaapse dorpie Matatiele, was Zanele een van die land se bekendste Paralimpiese atlete…
Read MoreEdwill, Ben-Jason se Springbok-drome bewaarheid
Legendariese Maties-rugbyspeler Edwill van der Merwe maak sy Springbok-debuut die komende naweek teen Wallis op Twickenham. Edwill het 37 Varsitybeker-wedstryde vir Maties gespeel en hou steeds die rekord vir die meeste drieë – 23 – in dié reeks. Hy was ’n sleutelspeler in die spanne wat die trofee in 2018 en 2019 gewen het. Hy…
Read MoreDie Universiteit Stellenbosch ontvang Platinum-sertifisering as ‘n FISU Gesonde Kampus
Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste universiteit in Suid-Afrika wat in Junie 2024 amptelik ‘n Platinum-sertifisering as ‘n Gesonde Kampus van die Federasie van Internasionale Universiteitsport (FISU) ontvang het. Hierdie sertifisering poog om alle aspekte van welstand vir studente en die kampusgemeenskap in sy geheel te verbeter. “Om die Platinum-sertifisering as ’n FISU Gesonde…
Read MoreMaties Sport vier jaarlikse toekenningsaand
2023 was ’n triomfantelike jaar vir Maties Sport. Die Maties Rugby-vrouespan het die eerste weergawe van die Varsitybeker-toernooi vir vroue gewen. Maties Netbal-alumni Nichole Taljaard en Nicola Smith het die Proteas in die eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi op die Afrika vasteland verteenwoordig. Die uitstaande prestasies van vroue atlete was ’n belangrike fokuspunt in Suid-Afrika. Om dié rede…
Read More