Ons is trots op David

Maties Alumni spog op internasionale sport verhoog Enige held wat sy sout werd is, moet eers ’n merkbare terugslag oorkom in sy stryd om aan die einde as oorwinnaar te staan. In die storie van beroepsport kry die held nie altyd wat hy verdien of waarvoor hy gewerk het nie. Maties Sport Alumni David Bedingham…

Read More

Floors sien uit na sy eerste Varsitybeker-toernooi as hoofafrigter

Met die FNB Varsitybeker-rugbytoernooi om die draai, het Maties Sport met Maties Rugby se Hoofafrigter Kabamba Floors gaan sit om te gesels oor sy verwagtinge vir die toernooi. Nadat Floors in Julie verlede jaar as hoofafrigter oorgeneem het, het hy ’n suksesvolle tweede helfte van die 2023-seisoen gehad. Maties se eerste rugbyspan het die USSA-titel…

Read More

Niemand Maties Netbal se nuwe hoofafrigter

Die jaar het met groot opgewondenheid en hartseer begin, met die bedanking van Maties Netbal se jarelange hoofafrigter Zanele Mdodana. Mdodana was vir sewe jaar (2016-2023) die vuur agter Maties se netbalspan. Die hoogtepunt van haar tyd by Maties was die span se eerste Varsity Netbal-titel in 2022. Dié jaar het ook die USSA-titel ingesluit.…

Read More

Sylvester slaan nuwe rigting in met rugby

Sy kan nie ’n tyd onthou wat sy nie aan sport – enige sport – deelgeneem het nie. Elitha Sylvester, wat ’n Baccalaureus in Onderwys aan die Stellenbosch Universiteit het, het sedert die ouderdom van sewe in atletiek, gimnastiek, swem, landloop en netbal uitgeblink. Die sportiewe agtergrond ten spyt het sy nooit verwag om Suid-Afrika…

Read More

Nog USSA-titels vir Maties

Maties Sport het die jaar met ’n suksesvolle Universiteit Sport van Suid-Afrika (USSA) veldtog afgesluit en titels in verskeie sportkodes verower. Die Maroen-masjien het goud in Afdeling A van vroue- en manswaterpolo, skaak, vrouegolf, asook goud vir manssokker in die Afdeling B gewen. Terwyl hulle ook brons verwerf het vir tafeltennis en gholf. Daarbenewens het…

Read More

Maties Sport kry IOK navorsingsentrum

Maties Sport is onlangs deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aangewys as ’n basis van een van sy Olimpiese Studies Navorsingsentrum. Dié navorsingsentrum is die breinkind van die IOK. Dit vorm ’n belangrike deel van die akademiese en navorsingsintegriteit van die Olimpiese beweging. Die nuutgestigte sentrum – die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale…

Read More

Maties Sport eindig jaar op hoogtepunt

Maties Sport wil sy segetog voortsit by die komende USSA Somerspele, wat die eerste twee weke van Desember regoor die land plaasvind. Die jaarlikse Somerspele bestaan uit verskeie sportsoorte insluitende krieket, sokker en seilvaart, wat in Kaapstad gehou sal word; tennis en gholf by Rhodes Universiteit; tafeltennis in Bloemfontein; skaak in Durban, en waterpolo in…

Read More

Maties e-sport floreer

Meer as 100 miljoen mense speel elke dag aanlynspeletjies, en tans speel meer mense e-sport as al die ander sportsoorte saam. So sê Professor Mark Campbell, ’n senior lektor en Kursusdirekteur vir die MSc Sport, Oefening en Prestasiepsigologie in die Departement Liggaamlike Opvoeding en Sportwetenskap aan die Universiteit van Limerick. Hy het onlangs die Universiteit…

Read More

Keagan sien uit na nuwe rol by Maties Sport

Maties Sport het onlangs vir Keagan van Aarde as die nuwe Senior Bestuurder: Hoë prestasie aangestel. Van Aarde (27) het ’n BSc Sportwetenskap Honneurs: Sportprestasie-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy ken die binne werke van Maties Sport baie goed. Ná sy studies en tyd as student-atleet en Primaria by Huis Neethling, het hy sy…

Read More