Maties Sport en die Fakulteit Opvoedkunde span saam om sportleierskap, navorsing en sosiale impak te bevorder
Die Universiteit Stellenbosch (US)het ’n betekenisvolle tree vorentoe gegee om sport, onderrig en sosiale impak te integreer met ’n nuwe vennootskap tussen Maties Sport en die Fakulteit Opvoedkunde. Die memorandum van verstandhouding wat hulle onlangs onderteken het, formaliseer samewerking met die Sentrum vir Sportleierskap (SSL) en die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale Impak (SASOSSI) as implementeringvennote.
Hierdie strategiese belyning skep ’n gedeelde raamwerk vir navorsing en onderrig asook bydra om kapasiteit te skep, terwyl dit die US se posisie as ’n denkleier in die globale diskoers oor sport vir ontwikkeling en onderrig versterk.
Die verskillende eenhede beoog om gesamentlike inisiatiewe te lewer vie hoë-impaknavorsing, nagraadse toesig en strategiese projekte virfbestuur, sosiologie en opvoedkunde te verskaf.
Die samewerking word gerig deur beginsels van outonomiteit, gedeelde hulpbronne en multidissiplinêre samewerking, wat verseker dat albei entiteite steeds bydra tot die Universiteit se visie van uitnemendheid, innovasie en inklusiwiteit. Gesamentlike projekte sal nagraadse oorbruggingskursusse, kurrikulumintegrasie, en samewerkende navorsing in ooreenstemming met nasionale en internasionale prioriteite in sport en onderrig insluit.
“Die Fakulteit Opvoedkunde heg waarde aan hierdie vennootskap as ’n manier om ons akademiese aanbod te versterk en sport te bevorder as ’n belangrike drywer van leer, welwees en sosiale kohesie,” het prof. Mbulungeni Madiba, dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde, gesê.
Prof. Nicola Smit, die US se waarnemende Uitvoerende Bedryfshoof , het die institusionele belang van die samewerking beklemtoon: “Hierdie vennootskap is ’n tasbare verteenwoordiging van die US se strategiese verbintenis om kruisdissiplinêre innovasie en sosiale impak te kweek. Deur Maties Sport en die Fakulteit Opvoedkunde sterkpunte in akademiese en die bedryf te belyn, verbeter ons studentesukses en gemeenskapontwikkeling: plaaslik, nasionaal en regoor Afrika.”
“Deur die wêreld van sport met die akademiese omgewing van opvoedkunde te verbind, ontwikkel ons nuwe bane vir navorsing, onderrig en gemeenskapsimpak,” het Ilhaam Groenewald, Hoofdirekteur van Maties Sport, gesê. “Hierdie vennootskap verdiep ons verbintenis tot holistiese studente-ontwikkeling, sportleierskap en die bevordering van ons gemeenskappe, met sport as ’n instrument vir sosiale transformasie.”
Met hierdie samewerking herbevestig die US hul leierskap in die bevordering van onderrig deur sport, en benut dit akademiese uitnemendheid om toekomstige generasies opvoeders, navorsers en sportleiers oral in Afrika en wyer te inspireer.