Nuus
Maties se Fogle fokus op tweede FISU Wêreld Universiteitspele
Met sy eksamen agter die rug, kan die Stellenbosch Universiteit-student Jason Fogle nou op sy tennis fokus voordat hy na Duitsland vertrek. Die opkomende tennisspeler van die Stellenbosch Universiteit is onlangs gekies om Suid-Afrika vir die tweede keer by die FISU Wêreld Universiteitspele te verteenwoordig. Vanjaar se byeenkoms is in Duitsland, vanaf 16 tot 27…
Read MoreMaties Sport Rugby Nuusbrief Junie 2025
Maties hero, now South African hero
Dit het amper gevoel of dit bestem was dat David Bedingham deel sou wees van die Suid-Afrikaanse krieketspan wat geskiedenis gemaak het deur die eerste SA-krieketspan te wees wat ’n Wêreldkampioenskap wen… en daarmee ’n 27-jaar lange droogte beëindig. Die voormalige Maties-krieketspeler en Sportman van die Jaar (2019) moes regdeur sy loopbaan struikelblokke oorkom, groot…
Read MoreTyd om in te loer by Maties Sport Alumnus: Reniel Hugo (Maties Rugby)
Om ’n Matie te wees, is ’n voorreg Varsitybeker-wedstryde Maandagaande in ’n volgepakte Danie Craven-stadion was nie net besonders danksy die atmosfeer nie, maar omdat hy op die veld gehardloop het saam met vriende. Dit is hoe Maties Rugby se Reniel Hugo een van die drie dele waaruit ’n student se lewe bestaan, beskryf. Reniel…
Read MoreKapteine gesels oor rugby en leierskap
Ons het voor USSA kontak gemaak met die Varsitybeker-kapteine Ezekiel Ngobeni, Carel van der Merwe en Liza Slabbert om hul mening oor hul Maties-ervaring te kry. Al drie beskryf dit as een van groot persoonlike groei waardeur hulle spanwerk, selfdissipline, strategiese beplanning, kommunikasie en leierskapsvaardighede geleer het, en ongelooflike lewensvaardighede opgedoen het. En die woorde…
Read MoreGoue medalje in China verander Gardeo se lewe
Die goue medalje by die pas afgelope Wêreld Atletiek Aflos-kampioenskappe is nie net nog ’n medalje nie, dis lewensveranderd, vertel oud-Matie Gardeo Isaacs. Die 26-jarige Isaacs was deel van die manspan wat die 4x400m-aflos gewen het. Dit was Suid-Afrika én Isaacs se tweede Wêreld Atletiek aflos-medalje. Die Suid-Afrikaners het silwer verower in 2024 toe die…
Read MoreAll Stars wen eerste Maties Netbal Streekliga
Die eindstryd van die eerste Maties Netbal Streekliga het met ’n opwindende vertoning van vaardigheid en vasberadenheid geëindig. Dit was ’n belangrike mylpaal in die ontwikkeling van mededingende netbal in die Wes-Kaap. Die eindstryd, gehou in die Coetzenburg-sentrum in Stellenbosch, was die hoogtepunt van ’n seisoen waartydens top-spanne van regoor die streek teen mekaar te…
Read MoreTyd om in te loer by Maties Sport Alumnus: Aneurin Robyn (Maties Sport)
Aneurin wil lewens verander Hy het al verskeie kere langs die veld gestaan toe die eindfluitjie blaas en sy span as die kampioene gekroon is, maar vir Aneurin Robyn gaan dit nie oor titels of goue medaljes nie, wel oor die verhoudings wat hy opbou in die proses. Aneurin was die fisioterapeut vir die 2023…
Read MoreMaties Rugby verwelkom sport-wonderkind en Junior Bokke-kaptein Riley Norton
Riley Norton, ’n eerstejaar BCom Beleggingsbestuur-student aan die Stellenbosch Universiteit, is reeds ’n bekende naam in Suid-Afrikaanse sport. Op 18-jarige ouderdom het hy sy land op die krieket en rugbyveld verteenwoordig. Hy was eers gekies vir die SA Skole-krieketspan en dit later opgevolg met ’n plek in die SA Skole-rugbyspan. Riley is die eerste Suid-Afrikaner…
Read MoreShanidine Bezuidenhout maak Maties Sport-geskiedenis
Voormalige Maties-netbalspeler en deel van die 2022 Varsity Netbal-kampioenspan Shanidine Bezuidenhout het die koppe laat draai toe sy vanjaar die eerste drie vir die Maties-vrouerugbyspan in hul openingswedstryd van die FNB Varsitybeker-rugbytoernooi gedruk het. Dié nagraadse student het verlede jaar haar nagraadse sertifikaat in onderwys, met lof, verwerf en besluit om op rugby te fokus…
Read More