Maties Sport het sy heel eerste skemerkelkie geselligheid vir vroue aangebied. Dis was ’n geleentheid om die krag, veerkragtigheid en prestasies van vroue, van die verlede en die hede, by Stellenbosch Universiteit te vier.
Die hoofspreker, Ongeziwe Mali Maties-hokkiespeler wat onlangs aan die Olimpiese Spele in Parys deelgeneem het, het oor haar reis tot dusver gesels en vertel dat haar kinderdae nie maklik was nie.
“Ek is gebore en grootgemaak in New Brighton voordat ons na Zwide verhuis het. Die lewe was moeilik, en glo my, luuksheid was nie deel van ons woordeskat nie. My ma, ’n absolute kryger, het die uitdaging aangepak om vier kinders te voed deur leë Coke-bottels vir R2 elk te verkoop. Dit was nie veel nie, maar dit was genoeg om ons aan die gang te hou.
“Ek onthou daardie warm somerdae wat ek saam met my ma in ’n huishouer (wat as ons huis gedien het) spandeer het, waar ons elke dag die township-lewe gesien het. Geen oordadige vakansies vir ons nie – ons het iets beter gehad: ’n band wat in die vuuroond van stryd gesmee is. Ek het by die skool bekend geword vir my kenmerkende kospakkie – gewone grondboontjiebotter-en-konfyt-toebroodjie. Geen luukse kos nie, net ou PB&J. Dit was nie gourmet nie, maar dit het my deur pouse en, meer belangrik, deur die lang ure van oefening ná skool gedra.”
Haar kinderjare het haar gevorm en haar toegelaat om groot te droom. Deur in verskeie nasionale hokkiespanne te speel, het sy staat gemaak op sommige van die sleutel-lesse wat sy oor die jare geleer het, insluitend die gewilligheid om hard te werk, om kultuur te respekteer en spanwerk maak drome waar.
“Die reis van Zwide tot die Olimpiese Spele het nie net oor hokkie gegaan nie; dit het gegaan oor veerkragtigheid, vasberadenheid en die geloof dat, maak nie saak waar jy vandaan kom nie, jy grootheid kan bereik. My ouers het my gewys dat, ongeag hoe moeilik dinge raak, jy altyd ’n manier kan vind om dinge te laat werk. Hulle het my geleer om groot te droom en om met alles wat ek het vir daardie drome te veg.”
Mali se toespraak is gevolg met ’n paneelbespreking waarvan Maties Sport se Hoofdirekteur Ilhaam Groenewald, die hoof-fasiliteerder was. Ronel Retief (Stellenbosch Universiteit Registrateur), Farah Fredericks (Adjunk-registrateur: Tygerberg-kampus en voormalige Maties en SA-hokkiespeler), Cato Louw (Sportaanbieder en voormalige Stellenbosch Universiteit-alumnus) en Mali was die paneel.
Een van die temas van die paneelbespreking was die bevordering van studentatleet-opleiding in die Hoër Onderwyssektor.
Toe sy gevra is oor die bevordering van studentatleet-opleiding in die hoër onderwyssektor, het Retief genoem dat beleide geïmplementeer moet word om die fasilitering van verhoogde toegang tot tersiêre onderwysinstellings vir studente te ondersteun. Sy het ook die behoefte beklemtoon vir sportdepartemente om saam te werk en verhoudings met fakulteite aan universiteite te bevorder, aangesien hulle die sleutelbesluitnemers in hul akademiese gebied is.
Oor die lewe ná sport en die drie vernaamste lesse wat sy op haar reis tot hier geleer het, het Farah Fredericks verwys na ’n aanhaling wat sy dikwels gehoor het. “Cowboys huil nie voor hul perde nie”, maar kwesbaarheid is ’n waardevolle les, sê Farah. Sy het baie geleer oor kwesbaarheid, kultuur en bevoegdheid.
Oor die invloed van sportvrywilligerswerk en die rol wat dit speel in die vorming van toekomstige loopbane het Cato Louw die volgende gesê: “Ek moedig vrywilligers aan om te help waar hulle kan en dit te aanvaar dat jy aanvanklik en vir lank nie geld sal maak nie. Vrywilligerswerk lei tot iets groter, na ’n ander omgewing en ander mense.”
Meer insigte is deur die paneellede gedeel, en ’n vraag-en-antwoordsessie het gevolg. Daar was ook die loting vir pryse vir die gehoor.
’n Groot dankie aan ons hoofspreker, paneellede, borge en al die gaste wat ons heel eerste geselligheid van dié aard bygewoon het. Ons hoop die aand was insiggewend en dat ons kan voortgaan om vroue oor alle sektore heen te ondersteun.