Maties Fietsry

Maties Fietsry bied weeklikse groepritte asook langer naweekritte – wat wissel tussen pad- en bergfietsry – aan.

USSA Fietsry vind in die middel van die jaar plaas en ons fietsryers wen gewoonlik ’n paar medaljes. Dié kompetisie bestaan uit ’n padwedren, tydtoets, kriterium en ’n bergfietswedren.

Varsity Bergfietsry word in die derde kwartaal in ’n skofformaat aangebied. Maties Fietsry het die afgelope paar jaar elke keer op die podium geëindig.

Sportbestuurder

Christine Barnard

cebarnard@sun.ac.za