Maties Hokkie

Die Maties-hokkieklub is in 1901 (mans) gestig, met die vroueklub wat in 1903 gestig is. Ons neem deel aan alle groot ligas en het deur die loop van ons suksesvolle hokkiejare die volgende bereik:

  1. NASIONALE VERTEENWOORDIGING
    • 32 vroue
    • 20 mans
  1. WENNERS VAN DIE WESTELIKE PROVINSIE SE GROOTUITDAAGKOMPETISIE:
    • Vroue: Tussen 1976-2020 (44 jaar) het hulle die liga 32 keer gewen (en was hulle onder die topdriespanne in die ander 12 seisoene).
    • Mans: Het die liga in 1904 vir die eerste keer gewen, en het dit tot op hede 16 keer gewen. Hulle was in die ander jare onder die top drie.
  1. USSA-TITELS
    • Vroue: Eerste titel in 1976 (44 jaar gelede) en 20 titels sedertdien. Laaste titel in 2014.
    • Mans: Eerste titel in 1978 (42 jaar gelede) en 12 titels sedertdien. Laaste titel in 2016.
  1. VARSITY SPORT
    • Vroue: Het die eerste Varsity Sport-kompetisie in 2013 gewen. Hulle het 3de geëindig in 2015, en 2de in 2017 en 2019.
    • Mans: Het 2de geëindig in 2014, 3de in 2016 en 2de in 2018. Die toernooi het nie in 2020 plaasgevind nie.

Ons het tans 12 spanne wat in die WP-liga speel (220 spelers) en ons bied ook jaarliks ’n groot koshuisliga aan met 48 spanne wat deelneem.

Vind ons op sosiale media