Maties Tennis

Die Maties-tennisklub is geleë by Coetzenburg waar ons sewe buitebane en een binnebaan het.

Klublede kies hul lidmaatskapopsie op grond van hul vaardigheid en hul bereidwilligheid om die klub in die Suid-Boland-tennisliga te verteenwoordig. Alle lede kry toegang tot die aanlyn baanbesprekingswebwerf wat hulle in staat stel om bane te bespreek bo en behalwe hul weeklikse afrigtingsessies.

Die grootste kompetisie van die jaar is die USSA-toernooi wat gewoonlik in Desember plaasvind. Maties Tennis het die afgelope paar jaar elke keer onder die topdriespanne geëindig.

(Daar is geen Varsity Tennis nie)

Sportbestuurder

Christine Barnard

cebarnard@sun.ac.za