Maties Rugby onderteken ooreenkoms met nuwe hoofborg Mitchum

Maties Rugby het ’n hoofborgskapooreenkoms met Mitchum onderteken, wat beoog om die twee handelsmerke te versterk met gedeelde waardes soos uitnemendheid, innovasie en die verskuiwing van grense.

Dié verbintenis wil ons studente-atlete inspireer en in staat stel om prestasie op en weg van die veld te verbeter.

“Ons is baie dankbaar en opgewonde om Mitchum as ons klub se hoofborg vir 2025 te hê. Hierdie vennootskap verteenwoordig meer as net ’n borgskapooreenkoms en dit maak ons trots om die geleentheid gegun te word om te groei met gedeelde waardes en ’n dryf om leiers in ons bedrywe te wees. Ons wil saam vorentoe beweeg en ons is dankbaar om dit saam met Mitchum te kan doen,” het Drickus Hancke, hoof van Maties Rugby, gesê.

Volgens Ilhaam Groenewald, hoofdirekteur van Maties Sport, is die Universiteit Stellenbosch, Maties Sport en Maties Rugby baie opgewonde oor hul nuwe vennootskap met Mitchum.

“Hierdie belegging sal uitnemendheid, deelname en ons mense bevorder, bydra tot ’n volhoubare besigheidsmodel, en ’n verskil maak deur sosiale impak, kapasiteitsbou en navorsing vir impak. Ons sien uit om hierdie nuwe en opwindende reis saam met Mitchum aan te pak.”

Maties Rugby is gretig om hierdie reis in 2025 saam met Mitchum te begin en sien uit na die positiewe impak wat die vennootskap op ons studente-atlete en die groter Stellenbosch-gemeenskap sal hê.

Vir meer inligting oor hierdie vennootskap en toekomstige rugbygeleenthede of -inisiatiewe, kontak asseblief vir Drickus Hancke op 0218084772 of dhancke@sun.ac.za