Rugby
MATIES RUGBY VARSITYBEKER 2026 – Baie op die spel vir Maties
Daar is baie op die spel in vanjaar se Varsitybeker-kompetisie wat op Maandag, 16 Februarie, begin en oor die bestek van twee maande sal plaasvind. Maties se vrouespan wil graag die trofee behou nadat hulle in 2025 as kampioene gekroon is, en Maties se manspan wil nie net die eindstryd haal nie, maar weer die trofee lig. Die mans begin hul…
Read MoreBoodskap van die Hoof van Rugby
Maties Rugby is meer as ’n klub. Dit is ’n gemeenskap, ’n gesin, en ’n erfenis wat inspireer. Ons het vanjaar Maties Rugby se 150e herdenking gevier. Ons is die tweede oudste klub in die land, en ons storie bestaan nie net uit legendes wat huishoudelike name geword het nie, maar ook uit baie onbesonge…
Read More’n Jaar van mylpale, herinneringe en momentum
2025 Toekennings vir Maties Rugby 150 Legacy-bewaarders
Maties Rugbyklub het spelers vir uitstaande prestasies vereer tydens sy jaarlikse toekenningseremonie in Stellenbosch. Die hoof van Maties Rugby, Drikus Hancke, het die byeenkoms toegespreek en gesê: “Terwyl ons toekennings uitdeel, onthou: hierdie trofeë verteenwoordig meer as net ‘n seisoen se poging. Hulle verteenwoordig die erfenis wat ons geërf het, die harde werk van die…
Read MoreMaties bied USSA Sewesrugbytoernooi in Stellenbosch aan
Stellenbosch het gegons met energie toe Maties die gasheer was vir Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) se sewesrugbytoernooi. Die Danie Craven-stadion was die middelpunt van die aksie en ons spanne het vir die skare baie redes gegee om te juig. Die openingseremonie is op die Vrydag gehou, en het die toon aangegee vir ’n energieke toernooi vol gees. “Rugby was nog altyd meer as ’n sport. Dit bou karakter, smee…
Read MoreDAWIE SNYMAN HULDEBLYK
Met groot hartseer neem Maties Sport en Maties Rugby Klub afskeid van een van ons eie, Dawie Snyman, wat op 14 Augustus 2025 oorlede is—’n voormalige Maties-stalwart, Springbok-legende en gerespekteerde afrigter. Dawie se rugbyreis het begin by Universiteit Stellenbosch, waar hy trots die Maroon van Maties van 1970 tot 1977 gedra het. Sy vertonings in…
Read MoreVroue-rugbyspelers kan taai wees – met geverfde naels
Net soos manrugbyspelers aggressief op die veld en heel ordentlik weg van die speelveld is, kan vroue-rugbyspelers vir 80 minute robuus wees en dan daarna hul naels laat doen, sê Maties Rugby se vroue-span se hoofafrigter, Aneesah Adams. “Mense moet ophou om vroue-rugby – en vroue in kontaksport in die algemeen – te stereotipeer,” sê…
Read MoreMaties toon krag by 2025 USSA Winterspele
Atlete van die Stellenbosch Universiteit het merkwaardige deursettingsvermoë en vasberadenheid tydens die 2025 Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA) Winterspele ten toon gestel, met uitmuntende vertonings in veral vrouehokkie, netbal en muurbal. Die kodes het aansienlike beter vertonings gelewer in vergelyking met verlede jaar en dié jaar twee goue, vier silwer- en twee bronsmedaljes Matieland toe gebring.…
Read MoreMaties Sport Rugby Nuusbrief Junie 2025
Kapteine gesels oor rugby en leierskap
Ons het voor USSA kontak gemaak met die Varsitybeker-kapteine Ezekiel Ngobeni, Carel van der Merwe en Liza Slabbert om hul mening oor hul Maties-ervaring te kry. Al drie beskryf dit as een van groot persoonlike groei waardeur hulle spanwerk, selfdissipline, strategiese beplanning, kommunikasie en leierskapsvaardighede geleer het, en ongelooflike lewensvaardighede opgedoen het. En die woorde…
Read More