Opbou tot ’n Varsitybeker-oorwinning

Die Varsitybeker-kompetisie het sedert die ontstaan daarvan in 2008 die voorste jaarlikse universiteiterugbykompetisie in Suid-Afrika geword. Dit dien as ’n tentoonstelling van die toprugbytalent by universiteite reg oor die land en bied ’n platform vir studente om op ’n hoë vlak mee te ding. Baie Varsitybeker-spelers het later hul provinsies en ook die land as…

Read More

Eens ’n Matie, altyd ’n Matie

Een van die dinge wat klubpresident Charl Cronjé trots maak, is die feit dat lewenslange erelidmaatskap van Maties Rugby – ’n klub en ’n spel wat hy glo sy lewe gevorm het – aan hom toegeken is. In die sakewêreld is hy bekend as ’n transformerende en innoverende sakeleier; by Maties Rugby is hy bekend…

Read More

Samevatting van ’n opwindende seisoen!

Aan die einde van die 2024 rugbyseisoen het ons rede om trots te wees. In die Varsitybeker-toernooi het ons span elke week verbeter en uiteindelik tweede op die punteleer geëindig om ’n tuishalfeindstryd te verseker. Die nederlaag in daardie wedstryd het seergemaak, maar ons het baie lesse geleer en sal volgende jaar sterker terugkom. Ons…

Read More

Rugby is Floors se roeping

Rugby is nie ’n werk of selfs ’n loopbaan vir Maties Rugby se hoofafrigter, Kabamba Floors, nie – dit is ’n roeping. Floors is op die ouderdom van nege aan die sport bekendgestel op ’n stoffige veld by ’n volstruisplaas-skool in Oudtshoorn. Dit was vuurdoop en ’n vroeë les in hard word en doen wat…

Read More

Maties Rugby onderteken ooreenkoms met nuwe hoofborg Mitchum

Maties Rugby het ’n hoofborgskapooreenkoms met Mitchum onderteken, wat beoog om die twee handelsmerke te versterk met gedeelde waardes soos uitnemendheid, innovasie en die verskuiwing van grense. Dié verbintenis wil ons studente-atlete inspireer en in staat stel om prestasie op en weg van die veld te verbeter. “Ons is baie dankbaar en opgewonde om Mitchum…

Read More

LIGA GROEI STEEDS NA 75 JAAR

Die rugbykampusliga, ’n deel van die Universiteit Stellenbosch se DNS, het sy tentatiewe ontstaan in 1949 gehad. Dok Craven het die idee gekry by St Andrew’s Kollege in Grahamstad (nou Mkhanda) waar hy in ’n stadium onderrig gegee het, en het dit oor die dekades gevorm tot ’n tradisie wat 75 jaar later nog met…

Read More

Driekuns aan USSA-rugbytitels en verskeie medaljes vir Maties

Maties Sport se spanne het goed gevaar by die onlangse Universiteite Sport Suid-Afrika (USSA) toernooie en het medaljes in verskeie sportkodes verower. Die Maroenmasjien het die 15man-rugby titel vir ’n derde keer agtereenvolgens gewen, daar was ook silwermedaljes in onder andere in hokkie en netbal. Verskeie bronsmedaljes het ook hul pad na Matieland gevind. Rugby…

Read More

Maties vasbeslote om USSA-titels suksesvol te verdedig

In 2023 het die Maroenmasjien drie goue USSA-medaljes – netbal, 15man-rugby en vroue-hokkie – gewen en is vasbeslote om om vanjaar dié titels weer Matieland toe te bring. Die 2024-byeenkomste vind meestal in Johannesburg plaas, terwyl mans- en vroue-rugby in Kimberley gespeel word. Kaapstad speel gasheer vir pluimbal. Maties Sport se Hoofdirekteur, Ilhaam Groenewald, en…

Read More

Edwill, Ben-Jason se Springbok-drome bewaarheid

Legendariese Maties-rugbyspeler Edwill van der Merwe maak sy Springbok-debuut die komende naweek teen Wallis op Twickenham. Edwill het 37 Varsitybeker-wedstryde vir Maties gespeel en hou steeds die rekord vir die meeste drieë – 23 – in dié reeks. Hy was ’n sleutelspeler in die spanne wat die trofee in 2018 en 2019 gewen het. Hy…

Read More

Maties Rugby duo verteenwoordig Suid-Afrika by FISU sewesbyeenkoms

Na afloop van die 2024 FNB Varsitybeker-toernooi waartydens Maties se vroue die silwermedalje gewen het, is twee van die span se spelers vir hul uitsonderlike spel beloon met plekke in die Suid-Afrikaanse vir die FISU Wêreld Universiteitspele rugbysewes. Aksie is van 10-12 Junie in Frankryk. Sportwetenskap Honneursstudent Elme Kruger en derdejaar Sportwetenskap-student Ankia Viljoen is…

Read More