Maties Rugby verwelkom sport-wonderkind en Junior Bokke-kaptein Riley Norton

Riley Norton, ’n eerstejaar BCom Beleggingsbestuur-student aan die Stellenbosch Universiteit, is reeds ’n bekende naam in Suid-Afrikaanse sport. Op 18-jarige ouderdom het hy sy land op die krieket en rugbyveld verteenwoordig. Hy was eers gekies vir die SA Skole-krieketspan en dit later opgevolg met ’n plek in die SA Skole-rugbyspan. Riley is die eerste Suid-Afrikaner…

Read More

Shanidine Bezuidenhout maak Maties Sport-geskiedenis

Voormalige Maties-netbalspeler en deel van die 2022 Varsity Netbal-kampioenspan Shanidine Bezuidenhout het die koppe laat draai toe sy vanjaar die eerste drie vir die Maties-vrouerugbyspan in hul openingswedstryd van die FNB Varsitybeker-rugbytoernooi gedruk het. Dié nagraadse student het verlede jaar haar nagraadse sertifikaat in onderwys, met lof, verwerf en besluit om op rugby te fokus…

Read More

Koop ’n Maties Ondersteunerspakket!

Dit is tyd vir Maties Rugby-aanhangers om in #MaroenMasjien-gees bymekaar te kom in die Danie Craven-stadion vir die Varsitybeker-toernooi. Dit is pure maroenplesier om op Coetzenburg te wees wanneer ons rugbystryders op die veld uitdraf terwyl die son sak. Ons ondersteunerspakkette bied vir jou meer as net ’n sitplek. Dit bied ook voorrangtoue, en sommiges…

Read More

Druk jou nalatenskapstempel af!

Druk jou stempel af en ondersteun Maties Rugby se groeiende nalatenskap deur ons spesiale 150-jaar-beursfondsveldtog … en laat jou nalatenskapspoor agter op ’n plakket by die Danie Craven-stadion! Donateurs sal as legendes in eie reg erken word met ’n naamplakket in platinum-, goud- en silwerkategorieë. Dit kos R200 000 per jaar om ’n Maties Rugby-studente-atleet in…

Read More

Maties Rugby 150 – ’n Erfenis wat gevier moet word

Maties Rugby betree in 2025 hul 150e jaar, ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis. Die klub is in 1875 gestig met ’n wedstryd wat op Die Braak gespeel is – met ’n ronde bal – en het gegroei tot een van die mees gedugte instellings van die spel.   Vandag is Maties Rugby die tweede…

Read More

Maties Rugby-legendes: Riley en Chris Norton

As Maties Rugby-haker het Chris Norton 12 jaar lank, van 1991 tot 2003, sy beste vir die klub gegee, en hy doen dit steeds as ’n dryfkrag in Maties Rugby se Ondersteunersklub. Maar sy grootste nalatenskap sal dalk sy seun Riley wees, wat in hierdie 150e vieringsjaar by die Varsitybeker-oefengroep ingesluit is. Chris het in…

Read More

Ontmoet ons Varsitybeker-helde

Ons slagspreuk vir ons 150-jaar-viering by Maties Rugby is ’n “erfenis wat inspireer”. Ons vertrou dat hierdie helde vir 2025 hierdie nalatenskap vorentoe sal neem met trots en vaardige spel. Ontmoet ons FNB Maties Varsitybekermansoefengroep… EZEKIAL NGOBENI KAPTEIN OUDERDOM: 20POSISIE: SkrumskakelL: 1,75m; G: 77kgKWALIFIKASIE: BCom Landbouekonomie,3e jaarSKOOL: Hoërskool TygerbergSA Junior Springbok-groep 2024 CAREL VD MERWE…

Read More

Stormers-haker verwerf graad aan Universiteit Stellenbosch

Dit het die Stormers se haker, JJ (Jean-Jacques) Kotze, ses jaar geneem om sy BSc Fisioterapie-graad aan die Universiteit Stellenbosch (US) te voltooi weens sy verpligtinge op die rugbyveld. Maar nou kan hy dié kwalifikasie amptelik agter sy naam skryf nadat sy graad aan hom toegeken is by die Desember-gradeweek van die Universiteit Stellenbosch.  Hy…

Read More

ERKENNING VIR GOEIE WERK

Maties Rugby se personeel, studente-atlete, alumni en die klub in geheel het in 2024 verskeie toekennings ontvang. Maties Sport-toekennings 2024 Ons het die jaarlikse Maties Sport-toekenningsgeleentheid oorheers. Maties Rugby is die klub van die jaar, Ezekiel Ngobeni is as die sportman van die jaar aangewys, en Kabamba Floors het die toekenning as afrigter van die…

Read More