Druk jou nalatenskapstempel af!

Druk jou stempel af en ondersteun Maties Rugby se groeiende nalatenskap deur ons spesiale 150-jaar-beursfondsveldtog … en laat jou nalatenskapspoor agter op ’n plakket by die Danie Craven-stadion! Donateurs sal as legendes in eie reg erken word met ’n naamplakket in platinum-, goud- en silwerkategorieë.

Dit kos R200 000 per jaar om ’n Maties Rugby-studente-atleet in die hoëprestasieprogram se akademiese studies en strawwe oefen- en speelregime wat professionele steun benodig, te befonds.

Die veldtog se oogmerk is om R15 miljoen in te samel deur 150 beursskenkings van R100 000 elk.

Maties Rugby is die grootste mededingende klub in die suidelike halfrond en die tweede oudste klub in Suid-Afrika, en lewer al 150 jaar lank nasionale helde op.

Dit het op ’n dag in 1875 begin toe ’n groep jong mans wat hulself die Stellenbosch Rugbyvoetbalklub genoem het by Die Braak opgedaag het om ’n “nuwe balspel” in die middel van die dorp te speel.

Vandag het Maties Rugbyklub 900 spelers en 36 spanne, ’n tuiste by die historiese Coetzenburg met die ikoniese Danie Craven-stadion en ses velde, 12 Nasionale Klubkampioenskap-titels en vyf Varsitybeker-titels, ’n koshuisrugbytradisie wat tans 800 spelers betrek, en 182 Springbokke.

Om hierdie prestasies vol te hou en uitnemendheid te laat floreer, het ons finansiële ondersteuning nodig om die beste jong talent in die land te lok met akademiese/sportbeurse.

Maties Rugby is – en was nog altyd – ’n verrykende studente-ervaring by die Universiteit Stellenbosch, wat graduandi met spanwerketiek, dissipline en leierskapeienskappe ontwikkel.

Terwyl ons in 2025 hierdie merkwaardige klub se 150e herdenking vier, vra ons julle hulp sodat ons kan voortgaan om ’n inspirerende erfenis na te laat.

Kontak Hans Scriba, Bestuurder: Fondsinsameling en Vennootskappe, by hscriba@sun.ac.za