ERKENNING VIR GOEIE WERK

Maties Rugby se personeel, studente-atlete, alumni en die klub in geheel het in 2024 verskeie toekennings ontvang.

Maties Sport-toekennings 2024

Ons het die jaarlikse Maties Sport-toekenningsgeleentheid oorheers. Maties Rugby is die klub van die jaar, Ezekiel Ngobeni is as die sportman van die jaar aangewys, en Kabamba Floors het die toekenning as afrigter van die jaar ontvang. Die voormalige Maties-rugbyspeler Ben-Jason Dixon was die gasspreker by die geleentheid.

Picture1

Ezekiel Ngobeni by SU Rector, Prof Wim de Villiers.
Picture2

Trotse Maties Rugby-personeel
Picture5

Gasspreker Ben Jason-Dixon
Picture4

Afrigter Kabamba Floor en Sean Surmon, Maties Sport-direkteur

Rektorstoekenning vir uitnemendheid in sport

Ontvangers: Bianca Augustyn, ’n meesterstudent in Siviele Ingenieurswese, is sedert 2018 by Maties Rugby betrokke. Van die eerbetone wat sy al ontvang het, sluit in haar insluiting by die Springbok-groep vir die Statebondspele in Birmingham in 2022 en haar kapteinskap van die Maties-vrouerugbyspan wat die Varsitybeker-trofee in 2023 verower het. Sy verteenwoordig tans die Springbok-vrouesewespan en is ’n lid van die afrigtingspan van Maties-vrouerugby.

André-Hugo Venter, wat BCom Bestuurswetenskap studeer, het Maties in 2020 vir die eerste keer in die Varsitybeker-kompetisie verteenwoordig. In 2021 het hy vir die Stormers uitgedraf en in 2022 het hy die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) saam met hulle gewen. Hy het ook onlangs vir die Springbok “A”-span in Europa gespeel.

Picture7

Maties Sport-hoofdirekteur, Ilhaam Groenewald, Andre Hugo-Venter en die SU-rektor, Prof Wim de Villiers.
Picture8

Springbok-vrouerugbyspeeler, Bianca Augustyn, met haar rektorstoekenning

Verantwoordelikheidsentrum-toekennings

Die viering van diverse bydraes is ’n noodsaaklike komponent van personeelerkenning. Die US se bedryfshoof en Maties Sport se lynhoof, prof. Stan du Plessis, het in 2019 ’n opwindende inisiatief bekendgestel om personeel in sy verantwoordelikheidsentrum met toekennings vir uitnemendheid te vereer. Die hoof van Maties Rugby, Drikus Hancke, is vanjaar in die Sport-kategorie vereer, saam met die sportbestuurder Wentzel Barnard.

Picture9

Drikus Hancke

Maties Rugby-hoof

Foto: Curt Ruiters