Maties Hokkie-alumni wat SA by die Olimpiese Spele verteenwoordig

Stellenbosch Universiteit het nie minder nie as agt voormalige Maties Hokkiespelers in die Suid-Afrikaanse spanne vir die Parys Olimpiese Spele. Die span sluit voormalige Maties-mans Daniel Bell, Andrew Hobson, Keenan Horne, en Jacques van Tonder in. Die vroue wat hul land verteenwoordig, is Quanita Bobbs, Stephanie Botha, Erin Christie, en Kayla de Waal. Nog ’n…

Read More

Netbal-alumni blink uit in eerste Engelse seisoen

Voormalige Maties-netbalspelers Nichole Taljaard en Nicola Smith het pas hul eerste seisoen as spelers in Engeland se Netbal Superliga afgesluit. Taljaard het vir London Pulse gespeel, en Smith het Loughborough Lightning verteenwoordig. Beide Taljaard en Smith het ook nasionale kontrakte vir 2024 verwerf. Loughborough Lightning en London Pulse het onderskeidelik tweede en derde op die…

Read More

Sokkerlegende besoek Matieland

Maties Sokker het ’n fondsinsamelingsgeleentheid aangebied met voormalige Bafana Bafana-sokkerspeler Shaun Bartlett as gasspreker. Hy het sy ervaringe as speler en afrigter gedeel. Dié Suid-Afrikaanse sportlegende het ’n roemryke loopbaan as speler én as afrigter. Hy het in 1992 sy loopbaan by Cape Town Spurs begin. Later het hy vir van die grootste klubs in…

Read More

Semenya keer terug na Stellenbosch

Dit was ’n 360-oomblik vir Caster Semenya – en vir Stellenbosch – toe die wêreldbekende hardloop-ikoon die dorp weer besoek het om met studente te praat oor haar boek, haar loopbaan en om jongmense aan te spoor om getrou te wees aan hulself. In April 2016 het Semenya vir Suid-Afrikaanse atletiekgeskiedenis in die Coetzenburgstadion gesorg.…

Read More

Maties se Zanele, Paralimpiese legende sterf

Suid-Afrika se sportgemeenskap is geskok met die nuus dat een van sy mees gevierde dogters oorlede is. Die nuus van Paralimpiese ikoon Zanele Situ (52) se dood is met buitengewone hartseer ontvang. Gebore as Ntombizanele Situ op 19 Januarie 1971 in die Oos-Kaapse dorpie Matatiele, was Zanele een van die land se bekendste Paralimpiese atlete…

Read More

Edwill, Ben-Jason se Springbok-drome bewaarheid

Legendariese Maties-rugbyspeler Edwill van der Merwe maak sy Springbok-debuut die komende naweek teen Wallis op Twickenham. Edwill het 37 Varsitybeker-wedstryde vir Maties gespeel en hou steeds die rekord vir die meeste drieë – 23 – in dié reeks. Hy was ’n sleutelspeler in die spanne wat die trofee in 2018 en 2019 gewen het. Hy…

Read More

Die Universiteit Stellenbosch ontvang Platinum-sertifisering as ‘n FISU Gesonde Kampus

Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste universiteit in Suid-Afrika wat in Junie 2024 amptelik ‘n Platinum-sertifisering as ‘n Gesonde Kampus van die Federasie van Internasionale Universiteitsport (FISU) ontvang het. Hierdie sertifisering poog om alle aspekte van welstand vir studente en die kampusgemeenskap in sy geheel te verbeter. “Om die Platinum-sertifisering as ’n FISU Gesonde…

Read More

Maties Sport vier jaarlikse toekenningsaand

2023 was ’n triomfantelike jaar vir Maties Sport. Die Maties Rugby-vrouespan het die eerste weergawe van die Varsitybeker-toernooi vir vroue gewen. Maties Netbal-alumni Nichole Taljaard en Nicola Smith het die Proteas in die eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi op die Afrika vasteland verteenwoordig. Die uitstaande prestasies van vroue atlete was ’n belangrike fokuspunt in Suid-Afrika. Om dié rede…

Read More

Maties Sokker wen ABC Motsepe Nedbankbeker

Maties Sokker het FN Rangers ná strafdoele met 4-2 geklop om die ABC Motsepe Nedbankbeker-toernooi te wen. Die pad na die eindstryd was nie te moeilik vir Maties nie. Die Maroenmasjien het twee maklike seges in die kwarteindstryd en halfeindstryd behaal. Kwarteindstryd: Maties 1 (Clarke), Houtbaai United 0; Halfeindstryd: Maties 2 (Mahlalela), Eagle Performance Academy…

Read More

Kampussport-aande groot sukses

Maties Sport het met Kampussport-bumperaande ’n nuwe aanbod in ontspanningssport aan die Stellenbosch Universiteit-gemeenskap bekendgestel. Dié bumperaande het begin met ’n verskeidenheid sportkodes wat almal op ’n Vrydagaand gespeel is. Die sportkodes sluit in rugby, netbal, sokker, hokkie, tennis, tafeltennis en basketbal. Die inisiatief is daarop gemik om studente se fisiese fiksheid, geestelike welstand en…

Read More