Maties se Zanele, Paralimpiese legende sterf

Suid-Afrika se sportgemeenskap is geskok met die nuus dat een van sy mees gevierde dogters oorlede is. Die nuus van Paralimpiese ikoon Zanele Situ (52) se dood is met buitengewone hartseer ontvang. Gebore as Ntombizanele Situ op 19 Januarie 1971 in die Oos-Kaapse dorpie Matatiele, was Zanele een van die land se bekendste Paralimpiese atlete…

Read More

Edwill, Ben-Jason se Springbok-drome bewaarheid

Legendariese Maties-rugbyspeler Edwill van der Merwe maak sy Springbok-debuut die komende naweek teen Wallis op Twickenham. Edwill het 37 Varsitybeker-wedstryde vir Maties gespeel en hou steeds die rekord vir die meeste drieë – 23 – in dié reeks. Hy was ’n sleutelspeler in die spanne wat die trofee in 2018 en 2019 gewen het. Hy…

Read More

Die Universiteit Stellenbosch ontvang Platinum-sertifisering as ‘n FISU Gesonde Kampus

Die Universiteit Stellenbosch (US) is die eerste universiteit in Suid-Afrika wat in Junie 2024 amptelik ‘n Platinum-sertifisering as ‘n Gesonde Kampus van die Federasie van Internasionale Universiteitsport (FISU) ontvang het. Hierdie sertifisering poog om alle aspekte van welstand vir studente en die kampusgemeenskap in sy geheel te verbeter. “Om die Platinum-sertifisering as ’n FISU Gesonde…

Read More

Maties Sport vier jaarlikse toekenningsaand

2023 was ’n triomfantelike jaar vir Maties Sport. Die Maties Rugby-vrouespan het die eerste weergawe van die Varsitybeker-toernooi vir vroue gewen. Maties Netbal-alumni Nichole Taljaard en Nicola Smith het die Proteas in die eerste Wêreldbeker-netbaltoernooi op die Afrika vasteland verteenwoordig. Die uitstaande prestasies van vroue atlete was ’n belangrike fokuspunt in Suid-Afrika. Om dié rede…

Read More

Maties Sokker wen ABC Motsepe Nedbankbeker

Maties Sokker het FN Rangers ná strafdoele met 4-2 geklop om die ABC Motsepe Nedbankbeker-toernooi te wen. Die pad na die eindstryd was nie te moeilik vir Maties nie. Die Maroenmasjien het twee maklike seges in die kwarteindstryd en halfeindstryd behaal. Kwarteindstryd: Maties 1 (Clarke), Houtbaai United 0; Halfeindstryd: Maties 2 (Mahlalela), Eagle Performance Academy…

Read More

Kampussport-aande groot sukses

Maties Sport het met Kampussport-bumperaande ’n nuwe aanbod in ontspanningssport aan die Stellenbosch Universiteit-gemeenskap bekendgestel. Dié bumperaande het begin met ’n verskeidenheid sportkodes wat almal op ’n Vrydagaand gespeel is. Die sportkodes sluit in rugby, netbal, sokker, hokkie, tennis, tafeltennis en basketbal. Die inisiatief is daarop gemik om studente se fisiese fiksheid, geestelike welstand en…

Read More

Sylvester slaan nuwe rigting in met rugby

Sy kan nie ’n tyd onthou wat sy nie aan sport – enige sport – deelgeneem het nie. Elitha Sylvester, wat ’n Baccalaureus in Onderwys aan die Stellenbosch Universiteit het, het sedert die ouderdom van sewe in atletiek, gimnastiek, swem, landloop en netbal uitgeblink. Die sportiewe agtergrond ten spyt het sy nooit verwag om Suid-Afrika…

Read More

Maties Sport eindig jaar op hoogtepunt

Maties Sport wil sy segetog voortsit by die komende USSA Somerspele, wat die eerste twee weke van Desember regoor die land plaasvind. Die jaarlikse Somerspele bestaan uit verskeie sportsoorte insluitende krieket, sokker en seilvaart, wat in Kaapstad gehou sal word; tennis en gholf by Rhodes Universiteit; tafeltennis in Bloemfontein; skaak in Durban, en waterpolo in…

Read More

Maties e-sport floreer

Meer as 100 miljoen mense speel elke dag aanlynspeletjies, en tans speel meer mense e-sport as al die ander sportsoorte saam. So sê Professor Mark Campbell, ’n senior lektor en Kursusdirekteur vir die MSc Sport, Oefening en Prestasiepsigologie in die Departement Liggaamlike Opvoeding en Sportwetenskap aan die Universiteit van Limerick. Hy het onlangs die Universiteit…

Read More

Keagan sien uit na nuwe rol by Maties Sport

Maties Sport het onlangs vir Keagan van Aarde as die nuwe Senior Bestuurder: Hoë prestasie aangestel. Van Aarde (27) het ’n BSc Sportwetenskap Honneurs: Sportprestasie-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy ken die binne werke van Maties Sport baie goed. Ná sy studies en tyd as student-atleet en Primaria by Huis Neethling, het hy sy…

Read More