Uncategorized @zu
Maties e-sport floreer
Meer as 100 miljoen mense speel elke dag aanlynspeletjies, en tans speel meer mense e-sport as al die ander sportsoorte saam. So sê Professor Mark Campbell, ’n senior lektor en Kursusdirekteur vir die MSc Sport, Oefening en Prestasiepsigologie in die Departement Liggaamlike Opvoeding en Sportwetenskap aan die Universiteit van Limerick. Hy het onlangs die Universiteit…
Read MoreKeagan sien uit na nuwe rol by Maties Sport
Maties Sport het onlangs vir Keagan van Aarde as die nuwe Senior Bestuurder: Hoë prestasie aangestel. Van Aarde (27) het ’n BSc Sportwetenskap Honneurs: Sportprestasie-graad aan die Universiteit Stellenbosch verwerf. Hy ken die binne werke van Maties Sport baie goed. Ná sy studies en tyd as student-atleet en Primaria by Huis Neethling, het hy sy…
Read MoreEmoyeni produseer ‘n adrenalien-soekende HP intern
’n Klein dorpie buite Oos-Londen genaamd Emoyeni (Plek van die Wind) waar ’n tamatieplaas meer as net die produkte produseer. Meesterstudent in Sportwetenskap en lid van die Maties-fietsrykomitee sedert 2019, Robyn Emslie se karakter is diep gewortel op die familieplaas in Emoyeni in die Oos-Kaap. Die voormalige Diocesan Skool vir Dogters-leerling is ’n intern by…
Read MoreAnika Pretorius: van baanatleet tot roeier
Anika Pretorius het as 10-jarige haar atletiek-loopbaan begin. Terwyl sy aanvanklik aan hoogspring en verspring deelgeneem het, het haar sig geleidelik verswak en het sy na naellope oorgeskakel. Ten spyte van die feit dat haar sig nog meer agteruitgegaan het, het sy aanhou kompeterend hardloop. As 19-jarige het Anika haar Spele debuut by die 2012…
Read MoreFNB Maties net die sewende keer op tuisveld verslaan
Dit was ’n historiese oorwinning vir FNB CUT Ixias in die FNB Varsitybeker- toernooi toe hulle die vyfmalige kampioen FNB Maties met 19-23 verslaan het. Dit was die eerste keer dat dié span van Bloemfontein ’n sege in die Danie Craven-stadion behaal het. Die Ixias was met die rustyd reeds met 13 punte voor. Die…
Read MoreDie pad vorentoe vir Justine Palframan-Donkin
Die sportgogga het Renaissance vrou Justine Palframan-Donkin vroeg in haar lewe gebyt. “Ek het in ’n sportiewe huishouding grootgeword. My ma en pa het op die atletiekbaan ontmoet en was in dieselfde oefengroep,” sê Palframan-Donkin. Volgens haar beteken hierdie vroeë begin in die sportwêreld dat sy nog “altyd passievol oor sport was”. In haar kinderjare…
Read MoreGoud vir Maties by USSA Waterpolo, 3×3 Basketbal
Die Maroen Masjien het aan nog ’n ronde van USSA se somer-toernooie deelgeneem en drie goue medaljes (mans- en vroue-waterpolo en mans-basketbal) en ’n bronsmedalje (tennis) gewen. Daar is meegeding in ses sportkodes naamlik basketbal, waterpolo, tennis, krieket, sokker en skaak. Toernooie is reg oor die land gespeel en Maties het goed vertoon deur verskeie…
Read MoreEerste rugby kamp vir Maties
Deur Kara Olivier Maties Vrouerugby se eerste oefenkamp ooit het tussen 6 en 9 September in Bredasdorp plaasgevind. “Tradisioneel het net die manspanne op kampe gegaan. Noudat die vroue dit gedoen het, is ek seker hulle sal die waarde daarin sien. Ons hoop dit word ’n jaarlikse instelling vir die vroueprogram,” sê hoofafrigter…
Read MoreMaties Sport nagraadse-doktorale genoot ontvang gesogte US-navorsingstoekenning
Maties Sport se dr. Nana Adom-Aboagye is onlangs beloon vir haar nagraadse-doktorale navorsing in sport as een van die Top 20 nagraadse-doktorale genote aan die Universiteit Stellenbosch (US) van die adjunk-visekanselier vir navorsing, innovasie en nagraadse studie, professor Sibusiso Moyo. Toe Adom-Aboagye gevra is hoe sy voel daaroor om deur die DVC erken te word…
Read MoreKimara wil Maties Sport Media na volgende vlak neem
Sy het reeds ’n passie vir universiteitsport, kombineer dit met die aantrekkingskrag om vir ’n instelling soos die Universiteit Stellenbosch te werk, en dit is geen wonder dat Kimara Singh nie twee keer gedink het nie om die geleentheid aan te gryp om Maties Sport se nuwe media- en kommunikasiebestuurder te wees. Singh is die…
Read More