Posts by Samantha Lubbinge
Internasionale Olimpiese Komitee ken Olimpiese Studies Navorsingsentrum toe aan Universiteit Stellenbosch
2023 is steeds ’n besige en impakvolle jaar vir Maties Sport. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het onlangs aan Maties Sport die reg en toestemming verleen om ‘n Olimpiese Studies Navorsingsentrum (OSNS) te huisves. OSNS is die breinkind van die IOK en vorm ‘n integrerende deel van die akademiese en navorsingsintegriteit van die Olimpiese Beweging.…
Read MoreFNB Maties net die sewende keer op tuisveld verslaan
Dit was ’n historiese oorwinning vir FNB CUT Ixias in die FNB Varsitybeker- toernooi toe hulle die vyfmalige kampioen FNB Maties met 19-23 verslaan het. Dit was die eerste keer dat dié span van Bloemfontein ’n sege in die Danie Craven-stadion behaal het. Die Ixias was met die rustyd reeds met 13 punte voor. Die…
Read MoreDie pad vorentoe vir Justine Palframan-Donkin
Die sportgogga het Renaissance vrou Justine Palframan-Donkin vroeg in haar lewe gebyt. “Ek het in ’n sportiewe huishouding grootgeword. My ma en pa het op die atletiekbaan ontmoet en was in dieselfde oefengroep,” sê Palframan-Donkin. Volgens haar beteken hierdie vroeë begin in die sportwêreld dat sy nog “altyd passievol oor sport was”. In haar kinderjare…
Read MoreMaties behaal naelskraap-sege in Varsitybeker-openingswedstryd
Die vyfmalige FNB Varsitybeker-kampioen FNB Maties het Maandag in die Danie Craven-stadion ’n naelskraapse sege van 21-19 in die eerste ronde van die toernooi oor ’n begeesterde FNB Ikeys behaal. Die tuisspan was met die rustyd met 9-16 agter. Maties het in die 71ste minuut eers weer punte aangeteken toe skrumskakel Tom Bursey oorgeduik het…
Read MoreYouTube
Youtube
Proudfoot is Maties se nuwe konsultant-hoofafrigter
Matthew Proudfoot, die voormalige Springbok-voorspelerafrigter wat die 2019 Wêreldbeker-toernooi gewen het, het hom by Maties Rugby aangesluit. Proudfoot se eerste uitdaging in Matieland is die 2023 FNB Varsitybeker-toernooi. Proudfoot het ’n omvangryke nasionale en internasionale afrigtersloopbaan wat in 2008 met die einste Varsitybeker-toernooi begin het. “Ek het as ’n Maties- en Westelike Provinsie-ondersteuner grootgeword en…
Read MoreGoud vir Maties by USSA Waterpolo, 3×3 Basketbal
Die Maroen Masjien het aan nog ’n ronde van USSA se somer-toernooie deelgeneem en drie goue medaljes (mans- en vroue-waterpolo en mans-basketbal) en ’n bronsmedalje (tennis) gewen. Daar is meegeding in ses sportkodes naamlik basketbal, waterpolo, tennis, krieket, sokker en skaak. Toernooie is reg oor die land gespeel en Maties het goed vertoon deur verskeie…
Read MoreDis voorreg om vir Maties te speel, sê Welham
Stellenbosch Universiteit se BSc Honneurs-gegradueerde Angela Welham (22) is sedert haar eerste jaar in 2019 ’n ster in die Maties-hokkiespan. Dié energieke verdediger is ’n uitblinker sedert haar hoërskooldae by Herschel Girls High School in Kaapstad. Sy is geen vreemdeling vir die verwagtinge van die hoë prestasie-omgewing van sport nie. Welham het die Westelike Provinsie…
Read MoreOpkomende ster Beukes se ervaring by Maties-gholfklub
Deur Jamie Wyngaardt Vir die meeste mense is die balansering van sport en tersiêre opleiding ’n uitdaging, maar Crystal Beukes laat dit moeiteloos lyk. Derdejaar Menslike Lewenswetenskappe-student aan die Universiteit Stellenbosch volg ’n graadkursus saam met haar gholfloopbaan. Beukes was aanvanklik onbewus daarvan dat daar ’n amptelike Maties-gholfklub was, totdat Sportbestuurder vir gholf, Karen Swart…
Read More