Internasionale Olimpiese Komitee ken Olimpiese Studies Navorsingsentrum toe aan Universiteit Stellenbosch

2023 is steeds ’n besige en impakvolle jaar vir Maties Sport. Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) het onlangs aan Maties Sport die reg en toestemming verleen om ‘n Olimpiese Studies Navorsingsentrum (OSNS) te huisves. OSNS is die breinkind van die IOK en vorm ‘n integrerende deel van die akademiese en navorsingsintegriteit van die Olimpiese Beweging.

Die nuwe sentrum — die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale Impak (SASOSSI) — is slegs die tweede sentrum van sy soort in die land en in Afrika en een van 68 regoor die wêreld. Soos wat die naam aandui, sal die uitsette van betekenisvolle impak wees.

Professor Cora Burnett sal aan hoof van SASOSSI staan as Direkteur van die sentrum vanaf 1 January 2024. Sy is ’n navorsingsvennoot van die US se Sentrum vir Sportleieskap (SSL) en het ook die eerste Olimpiese Studies Sentrum in Afrika in 2014 aan die Universiteit van Johannesburg gestig.

SAKOSSI sal poog om die toonaangewende navorsings- en akademiese entiteit in Afrika te wees en hom te bemoei met samewerking tussen verskeie belanghebbende groepe vir die uitvoering van impakvolle en betrokke onderwys, opleiding en navorsing om beleidsontwikkeling, strategiese besluitneming en kennisproduksie wat verwant hou aan Olimpiese Studies en Sport vir Ontwikkeling en Vrede op alle vlakke.

Hierdie missie word ondersteun deur die 21 (3 plaaslike en 18 internasionale) internasionaal-erkende en hoogs produktiewe Navorsingsgenote wat die SSL in die loop van die jaar kon aanstel.

“Die diepte van wetenskap onder die Navorsingsgenote kom neer op ongeveer 1 600 publikasies tussen hulle, wat daartoe lei dat hulle in die volksmond ‘The Dream Team’ genoem word,” sê Nana Adom-Aboagye. “Die CSL en SACOSSI kon inderdaad ‘n ‘droomspan’ van skoliere lok wie se areas van kundigheid wissel van sportgeskiedenis, geslag en sport, sportbestuur tot kognisie en e-sport, maar om ‘n paar spesialiseringsareas te noem.”

Die 21 Navorsingsgenote verteenwoordig 11 lande, versprei oor vyf (5) kontinente en sal met beide die SSL en SASOSSI geaffilieer wees. Die genote verteenwoordig die volgende instellings:

  • Die Universiteit Stellenbosch (Prof Albert Grundlingh, Prof Cora Burnett & Dr Michele van Rooyen)
  • University of Technology Sydney, Australia (Prof Nico Schulenkorf)
  • Victoria University, Australia (Prof Ramon Spaaij)
  • Universidade Federal do Rio Grande, Brazil (Prof Billy Graeff)
  • University of Calgary, Canada (Dr Araba Chintoh)
  • Palacky University, Czechia (Prof Simona Safarikova)
  • Brunel University London, England (Professor Vassil Girginov)
  • Durham University, England (Prof Iain Lindsey)
  • Loughborough University, England (Prof Richard Giulianotti)
  • Loughborough University London, England (Dr Holly Collison)
  • Université de Toulon, France (Professor Arnaud Richard)
  • University of Limerick, Ireland (Prof Adam Toth, Dr Ian Sherwin & Prof Mark Campbell)
  • Auckland University of Technology, New Zealand (Prof Lesley Ferkins)
  • University of Otago, New Zealand (Prof Sally Shaw)
  • University of Waikato, New Zealand (Prof Holly Thorpe)
  • The University of Edinburgh, Scotland (Dr Christine Nash)
  • Adelphi University, VSA (Prof Meredith Whitley)

“Ons is baie trots daarop om met individue van sulke merkwaardige kaliber geassosieer te word en hulle by SASOSSI te verwelkom” sê Burnett.

Issued by Stellenbosch University
Liaise with Dr Nana Adom-Aboagye at nadom-aboagye@sun.ac.za or +2779 483 1975 for more information