Maties Sport kry IOK navorsingsentrum

Maties Sport is onlangs deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) aangewys as ’n basis van een van sy Olimpiese Studies Navorsingsentrum.

Dié navorsingsentrum is die breinkind van die IOK. Dit vorm ’n belangrike deel van die akademiese en navorsingsintegriteit van die Olimpiese beweging.

Die nuutgestigte sentrum – die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Olimpiese Studies en Sosiale Impak (SASOSSI) – is slegs die tweede van sy soort in die land én in Afrika. Dit is ook een van 68 soortgelyk sentrums wêreldwyd. Soos die naam van die Sentrum aandui, sal alle uitset in lyn wees met betekenisvolle impak.

SASOSSI sal gelei word deur Professor Cora Burnett, een van SU se Navorsingsvennote in die Sentrum vir Sportleierskap. Sy was deel van die eerste Olimpiese Studiesentrum in Afrika in 2014 aan die Universiteit van Johannesburg. Prof. Burnett is as direkteur aangewys en sal deur Dr. Nana Adom-Aboagye, hoof van die SU Sentrum vir Sportleierskap, as adjunkdirekteur bygestaan word.

SASOSSI sal poog om ’n leidende navorsing- en akademiese entiteit in Afrika te wees. Dit sal ook in multi-belanghebbende samewerking betrokke te raak om impakvolle en betrokke onderrig te gee, om opleiding en navorsing uit te voer om beleidsontwikkeling, strategiese besluitneming en kennis produksie rakende Olimpiese Studies en Sport vir Ontwikkeling en Vrede op alle vlakke te beïnvloed.

Hierdie missie sal ondersteun word deur die 21 (3 plaaslike en 18 internasionale) internasionaal erkende en hoogs produktiewe navorsingsvennote.

“Die diepte van die akademie onder die navorsingsvennote vertaal na ongeveer 1600 publikasies tussen hulle. Ons noem hulle die Droomspan”, sê Dr.Adom-Aboagye.

“Die Sentrum vir Sportleierskap (SSL) en SASOSSI het inderdaad ’n droomspan van geleerdes saamstel. Hul kundigheidsgebiede wissel van sportgeskiedenis, geslag en sport, sportbestuur, kognisie en e-sport.”

Die 21 navorsingsvennote verteenwoordig 11 lande, verspreid oor vyf vastelande en sal aan beide die SSL en SASOSSI geaffilieer wees. Die genote verteenwoordig die volgende instellings:

  • Stellenbosch Universiteit (Prof. Albert Grundlingh, Prof. Cora Burnett & Dr. Michele van Rooyen).
  • Universiteit van Tegnologie Sydney, Australië (Prof. Nico Schulenkorf).
  • Victoria Universiteit, Australië (Prof. Ramon Spaaij).
  • Universidade Federal do Rio Grande, Brasilië (Prof. Billy Graeff).
  • Universiteit van Calgary, Kanada (Dr. Araba Chintoh).
  • Palacky Universiteit, Tsjekië (Prof. Simona Safarikova).
  • Brunel Universiteit Londen, Engeland (Prof. Vassil Girginov).
  • Durham Universiteit, Engeland (Prof. Iain Lindsey).
  • Loughborough Universiteit, Engeland (Prof. Richard Giulianotti).
  • Loughborough Universiteit Londen, Engeland (Dr. Holly Collison).
  • Université de Toulon, Frankryk (Prof. Arnaud Richard).
  • Universiteit van Limerick, Ierland (Prof. Adam Toth, Dr. Ian Sherwin & Prof. Mark Campbell).
  • Auckland Universiteit van Tegnologie, Nieu-Seeland (Prof. Lesley Ferkins).
  • Universiteit van Otago, Nieu-Seeland (Prof. Sally Shaw).
  • Universiteit van Waikato, Nieu-Seeland (Prof. Holly Thorpe).
  • Universiteit van Edinburgh, Skotland (Dr. Christine Nash).
  • Adelphi Universiteit, VSA (Prof. Meredith Whitley).

“Ons is trots om geassosieer te wees met sulke hoë-kaliber individue en verwelkom hulle by SASOSSI,” sê Burnett.

Uitgereik deur die Universiteit Stellenbosch