Maties Sokker wen ABC Motsepe Nedbankbeker

Maties Sokker het FN Rangers ná strafdoele met 4-2 geklop om die ABC Motsepe Nedbankbeker-toernooi te wen.

Die pad na die eindstryd was nie te moeilik vir Maties nie. Die Maroenmasjien het twee maklike seges in die kwarteindstryd en halfeindstryd behaal.

Kwarteindstryd: Maties 1 (Clarke), Houtbaai United 0; Halfeindstryd: Maties 2 (Mahlalela), Eagle Performance Academy 0.

Die eindstryd was ’n heel ander storie. Die eerste helfte het aan die besoekers, FN Rangers behoort, maar geen doele is aangeteken nie. Die tweede helfte het Maties terugbaklei en met die einde van gewone tyd was die telling steeds 0-0. Maties het uiteindelike met strafdoele geseëvier.

Eindtelling: Maties 0, FN Rangers 0

Telling ná ekstra tyd: Maties FC 0, FN Rangers 0

Strafskoppe: Maties FC ✔️✔️❌✔️✔️, FN Rangers  ❌✔️❌✔️

Na die oorwinning het Maties se hoofafrigter Desmond Crowie gesê: “Ons was stadig uit die blokke. In die eerste helfte het die spelers as span nie goed gespeel nie. Nie soos die span en spelers wat ek ken nie. Met die tweede helfte het die spelers heelwat beter vertoon – soos die span wat my trots gemaak het in die kragmetings voor die eindstryd. Die spelers was aan die begin effe onseker en senuweeagtig omdat dit so groot geleentheid vir ons was. Dit was ’n baie belangrike wedstryd. Die spelers het egter karakter gewys.”

Crowie was vol lof vir plaaslike speler Jacqwien Baardman se algemene spel en leierskap.

“Met die verloop van die toernooi het Jacqwien gegroei tot ’n sleutelspeler vir ons. Dit was nie net sy rol op die veld nie, maar ook die feit dat hy as leier na vore getree het. Hy het nooit ’n oefensessie gemis nie en hy het ’n goeie invloed op sy spanmaats.”

Deur Kimara Singh