Maties Hokkie-alumni wat SA by die Olimpiese Spele verteenwoordig

Stellenbosch Universiteit het nie minder nie as agt voormalige Maties Hokkiespelers in die Suid-Afrikaanse spanne vir die Parys Olimpiese Spele.

Die span sluit voormalige Maties-mans Daniel Bell, Andrew Hobson, Keenan Horne, en Jacques van Tonder in. Die vroue wat hul land verteenwoordig, is Quanita Bobbs, Stephanie Botha, Erin Christie, en Kayla de Waal.

Nog ’n alumnus is Jacques le Roux wat die doelwagter-afrigter is.

Van Tonder, Hobson, De Waal, en Botha maak hul debuut in die wêreld se mees gesogte en historiese multi-sport geleentheid. Vir die ander sal dit ’n kans wees om nuwe herinneringe na Tokio te maak.

“Elke jaar is daar nuwe uitdagings en jy moet gereed wees vir elke geleentheid. Baie spelers het nie die groep gehaal nie, en daarom, as jy die trui dra, verteenwoordig jy nie net jou land nie, maar ook daardie spanmaats. Ons het dus die verantwoordelikheid om alles te gee. Alle eer aan God vir Sy getrouheid.” – Keenan Horne

“Ek het my hele lewe hiervan gedroom.” – Jacques van Tonder

“Ek is geëerd om Span Suid-Afrika by die Parys Olimpiese Spele te verteenwoordig. Ek kan nie trotser wees nie. Toewyding en aanpasbaarheid het my deur die hoogtepunte en laagtepunte gelei om hierdie mylpaal te bereik. Die harde werk stop egter nie, en ons bly streef na meer en om ons merk te maak onder die wêreld se bestes.” – Daniel Bell

“Wees onversetlik in die nastreef van jou drome. Ek is geëerd om die Suid-Afrikaanse Vroue-hokkiespan te verteenwoordig en saam met my wonderlike spanmaats te speel. Ons is ’n krag om mee rekening te hou, en ons kan nie wag om met die wêreld se beste mee te ding  nie.” – Quanita Bobbs

“Ek is ongelooflik trots om ingesluit te wees in die Suid-Afrikaanse Vroue-hokkiespan wat na die Parys 2024 Olimpiese Spele gaan. Ek sien uit daarna om op die veld te stap met my ongelooflike spanmaats op die grootste internasionale verhoog. Hierdie een is vir almal wat hierdie hokkie-reis saam met my gestap het.” – Erin Christie

“Hierdie een is spesiaal om soveel redes. Dit was altyd my droom om my land te verteenwoordig op die grootste verhoog wat sport bied. Maar dit was net ’n droom. Totdat daardie droom werklikheid geword het. Die reis was nog nooit maklik nie. Jaar na jaar het ek kortgekom, het ek probeer om my merk te maak en nou is ek hier. Ek gaan na die Parys Olimpiese Spele, saam met van die beste spanmaats wat ek ooit in my hokkie-loopbaan gehad het. Ek doen iets wat ek liefhet. Ek is bevoorreg, geëerd en so dankbaar om deel van hierdie ongelooflike span te wees.” – Stephanie Botha

Hokkie-skedule vir die Olimpiese Spele:

27 Julie: SA (m) t Nederland @ 12:45

28 Julie: SA (v) t Australië 12:45; SA (m) t Groot Brittanje @ 20:15

29 Julie: SA (v) t Argentinië @ 17:30

30 Julie: SA (m) t Duitsland @ 10:30

31 Julie: SA (v) t Groot Brittanje @ 10:30; SA (v) t Spanje @ 1945

1 Augustus: SA (v) t Spanje @ 17:30

2 Augustus: SA (m) t Frankryk @ 19:45

3 Augustus: SA (v) t VSA @ 13:15

4 Augustus: Kwarteindronde