Stellenbosch Universiteit gasheer vir 2026 FISU rugbysewes-toernooi

Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die byeenkoms, sal Suid-Afrika die gasheerland wees vir die Internasionale Universiteitsportfederasie (FISU) se 2026 rugbysewes-toernooi, en die Stellenbosch Universiteit (SU) sal die voorreg hê om slegs die tweede Afrika-universiteit te wees wat hierdie tweejaarlikse internasionale universiteitsrugby-toernooi aanbied. Die Universiteit van Namibië het in 2018 die toernooi aangebied.…

Read More

FNB Maties-rugbyvroue gereed om Varsitybeker te verdedig

FNB Maties-rugbyvroue wil hul oorheersing in universiteits-vrouerugby bevestig. Die verdedigings van hul FNB Varsitybeker is môre teen FNB UFH in Pretoria, waar die eindstryd plaasvind. Maties se hoofafrigter, Johann Zeier, glo sy span – grotendeels bestaande uit ’n nuwe groep spelers – het goed presteer met die verloop van die seisoen. “Die seisoen was tot…

Read More

Maties wil VB-geskiedenis herskryf

Kabamba Floors en sy FNB Maties-rugbyspan is twee seges weg om hul name in die geskiedenisboeke van die FNB Varsitybeker-toernooi te verewig as die eerste span wat die gesogte trofee ses keer kon wen. In die eerste van die twee halfeindstryde op Maandag, 15 April verwelkom Maties die 2015-kampioene, Shimlas, in Stellenbosch, waar ’n vol…

Read More

Blitsige Ekeji terug met mening

Die belowende FNB Maties-vleuel Paschal Ekeji het ’n suksesvolle terugkeer na rugbyveld gemaak nadat hy weens ’n besering lank aan die verkeerde kant van die kalklyne was. Die 21-jarige spoedvraat het tydens die 2022-seisoen in twee Curriebeker-wedstryde vir die Westelike Provinsie gespeel voordat hy ’n kniebesering opgedoen het wat hom meer as ’n jaar langs…

Read More

Vernon soek Varsitybeker

Hy hoop om in die voetspore van die legendariese Springbok Tendai ‘Beast’ Mtawarira te volg. Beast is die inspirasie agter Vernon Matongo (22) se besluit om sy eie stempel op rugby af te druk. Dié Maties Rugby-loskopstut, is afkomstig van ’n oostelike voorstad in Harare, Zimbabwe genaamd Cranborne. Hy het onlangs tydens die Universiteit Stellenbosch…

Read More

Maties reg vir tweede Varsitybeker-toernooi vir vroue

Met die FNB Varsitybeker- en FNB Varsityskild-toernooie wat gereedmaak vir die uitspeelrondes, is ondersteuners angstig vir die begin van die Varsitybeker-toernooi vir vroue.  Die toernooi, wat op Vrydag 22 Maart begin, beloof om selfs meer opwindend te wees as die eerste seisoen in 2023. As een van die vinnigste groeiende spansporte wêreldwyd, bly die Varsitybeker-kompetisie…

Read More

Maties kaptein lei met voorbeeld eerder as woorde

Hy is nederig en sagmoedig en daarom mag Matt Gray op die oog af dalk na ’n onwaarskynlike kaptein vir die Maties Rugby-span lyk. Maar dit is inderdaad die rol wat hy in vanjaar se FNB Varsitybeker-toernooi sal vertolk. Gray is een van slegs ’n handjievol Engelssprekende kapteins in die span se meer as 100-jarige…

Read More

Ons is trots op David

Maties Alumni spog op internasionale sport verhoog Enige held wat sy sout werd is, moet eers ’n merkbare terugslag oorkom in sy stryd om aan die einde as oorwinnaar te staan. In die storie van beroepsport kry die held nie altyd wat hy verdien of waarvoor hy gewerk het nie. Maties Sport Alumni David Bedingham…

Read More

Floors sien uit na sy eerste Varsitybeker-toernooi as hoofafrigter

Met die FNB Varsitybeker-rugbytoernooi om die draai, het Maties Sport met Maties Rugby se Hoofafrigter Kabamba Floors gaan sit om te gesels oor sy verwagtinge vir die toernooi. Nadat Floors in Julie verlede jaar as hoofafrigter oorgeneem het, het hy ’n suksesvolle tweede helfte van die 2023-seisoen gehad. Maties se eerste rugbyspan het die USSA-titel…

Read More

Sylvester slaan nuwe rigting in met rugby

Sy kan nie ’n tyd onthou wat sy nie aan sport – enige sport – deelgeneem het nie. Elitha Sylvester, wat ’n Baccalaureus in Onderwys aan die Stellenbosch Universiteit het, het sedert die ouderdom van sewe in atletiek, gimnastiek, swem, landloop en netbal uitgeblink. Die sportiewe agtergrond ten spyt het sy nooit verwag om Suid-Afrika…

Read More