Britte nou Cheetah

David Brits is the latest Maties Rugby player to link up with former Maties coach Hawies Fourie to play for the Cheetahs.

Brits received the call up to Bloemfontein after stellar performances in the 2021 FNB Varsity Cup tournament. For the past three seasons, Brits has been one of the standout players for Maties and led the Maroon Machine as captain this year.

“I want to thank all of my teammates for the awesome time we spent together. It was an honour to train and play with all of you and to lead you out to battle in the Maties jersey. Thank you to everyone who made my journey at Maties so special; one that I will hold closely to my heart. It was truly special and a great privilege. Never forget what that jersey means,” said Brits in a message to his teammates and coaches.

Maties Rugby Head Coach, Drikus Hancke is not at all surprised that Brits got the call to join a professional team after his performances for the maroon.

“I’m very happy for David. He thoroughly deserves it. He was one of the hardest workers if not the hardest worker in the side. It shows hard work pays off,” said Hancke.

David Brits is die nuutste Maties-rugbyspeler om hom by die voormalige Maties-afrigter Hawies Fourie by die Cheetahs aan te sluit.

Brits is opgeroep na Bloemfontein ná ’n reeks uitsonderlike vertonings in die 2021 FNB Varsitybeker-toernooi. Vir die afgelope drie seisoen is Brits een van die uitstaande spelers vir Maties en vanjaar was hy ook die kaptein van die span.

“Ek wil net dankie sê aan my spanmaats vir die ongelooflike tyd wat ons saam spandeer het. Dit was ’n eer en voorreg om saam met julle te oefen en te speel en julle vanjaar uit te lei op die speelveld in die Maroen-trui. Dankie aan elkeen wat my tyd by Maties so spesiaal gemaak het. Dit is een wat ek vir altyd naby my hart sal hou. Dit was spesiaal en ’n groot voorreg. Moet nooit vergeet wat die trui beteken nie,” het Brits in ’n boodskap aan sy spanmaats en afrigter gesê.

Maties se hoofafrigter, Drikus Hancke is glad nie verras nie dat Brits die kans kry om vir ’n professionele span te speel ná sy vertonings vir die Maroen.

“Ek is baie bly vir David. Hy verdien dit terdeë. Hy is een van die hardste werkers in die span, indien nie die hardste werker nie. Hy wys dat harde werk vrugte afwerp,” het Hancke gesê.

“Hy is ’n ware leier in die manier waarop hy met voorbeeld lei. Ek is net so bly dat hy die erkenning kry wat hy verdien. Ons wens hom alles van die beste toe. Ek glo dit sal met hom goed gaan,” het Hancke bygevoeg.

Intussen het die Westelike Provinsie die volgende spelers van Maties gekies vir ’n kragmeting met SWD: Dian Bleuler, Ruan de Beer, Gift Dlamini, De Wet Marais, Hannes Gous, Luciano Elias, Vernon Matongo, Rhys Fulford, HD Stemmet, Ethan Snyman, Cade Croy en Oliver Jones.

’n Verdere ses spelers is vir die Junior Springbok-groep gekies wat in Junie teen Uruguay, Argentinië en Georgië gaan speel. Hulle is: Miller, Andre-Hugo Venter, Bobby Alexander, Dylan de Leeuw, Ethan James en Corne Weilbach.

“Ons is altyd bly as ons manne raak gesien word. Ons visie is dat ons spelers moet aanhou suksesvol wees as hul tyd by Maties tot ’n einde kom. Of dit nou ’n professionele rugbyloopbaan is of ’n loopbaan weg van die speelveld. Dit is goed om te sien hul doele word bereik en drome word verwesenlik. Dit is wonderlik dat ons program hulle hierin help. Dit is die belangrikste aspek vir ons as afrigters,” het Hancke afgesluit.