Interns in die Hoëprestasie-eenheid

Maties Sport het in Augustus – wat in Suid-Afrika as Vrouemaand herdenk word – die geleentheid gebruik om van die buitengewone vroue, wat met durf en grasie ’n verskil maak in die lewe van ons studente-atlete en die universiteitsportomgewing, te vier.

Hannah Bevis & Karabo Abuki – Interns in die Hoëprestasie-eenheid

Hannah Bevis en Karabo Abuki is in 2020 as interns by Maties Sport se Hoëprestasie-eenheid aangestel – die jaar wat altyd bekend sal wees as die jaar waarin Covid-19 toegeslaan en hul paadjies op dramatiese wyse verander het.

Nou in hul tweede jaar as interns, laat Hannah en Karabo nie ’n kans verbygaan om te leer nie, ondanks die feit dat 2021 steeds ’n ontwrigtende jaar is.

Vir Hannah beteken Vrouemaand ’n tyd om te dink aan diegene wat haar voorafgegaan het en opgestaan het vir die volgende generasie vroue.

Karabo voeg by: “Dit beklemtoon wie vroue is en wat ons elke dag doen.”

Hoewel albei jonk is, besef hulle dat erkenning vir vroue in sport ’n uitdaging is.

“Vroue in sport kry in die algemeen nie die ondersteuning en hulpbronne wat hulle nodig het nie. Om dit te kry, moet hulle gewoonlik dubbel so hard werk,” sê Karabo.

Hannah stem saam en voeg by dat uitdagings soos finansiële ondersteuning ’n groot probleem is.

Sy moedig jong meisies met sportdrome aan om nooit op te gee nie, terwyl Karabo byvoeg dat dit belangrik is om meer as jou plig te doen.

“Onderwys en ingesteldheid skep geleenthede. Moet nooit ophou leer nie en stel jouself beskikbaar vir ander, selfs wanneer hulle nie besef dat hulle jou nodig het nie,” sê Karabo.

Een van die basiese beginsels van die HP-eenheid is om vir uitnemendheid te oefen en hierdie duo is gretig om hard te werk om uitnemendheid te bereik.

“Ek wil altyd my werk by Maties se HP-eenheid met uitnemendheid doen,” sê Hannah.

Karabo voeg by: “Ek wil seker maak dat ek ’n impak het op die lewe van die studente-atlete met wie ek werk.”