Langafstand-hardlooplegende Paul Tergat besoek Stellenbosch Deur: Jamie Wyngaardt

Paul Tergat was opgewonde om ná 26 jaar terug in Stellenbosch te wees, aangesien hy nostalgiese herinneringe het om die 1996 Wêreld-landloopkampioenskap te wen. Nadat hy maklik die oorwinning op die 12.15 km- afstand binne 12 sekondes behaal het, by die Coetzenburg-baan en in die Danie Craven stadion geëindig het.

Paul sê hy was nie vertrouend dat hy sou wen nie, entlik tot op die laaste oomblik van die wedloop. Hy verwys na wen in Suid-Afrika as “soos om tuis te wen”.

Hy onthou ‘n rustelose aand nadat hy gewen het, “Ek het die hand van die voormalige president Nelson Mandela geskud, en dit was vir my regtig wonderlik, dit het vir my meer beteken as selfs die medalje. Dit was iets wat ek huis toe geneem het en vir my ‘n geheue geword het.”

Paul Tergat het vyf agtereenvolgende Landloopkampioenskaptitels van 1995 to 1999 gewen. Gedurende debuut in Atlanta by die 1996 somerspele gemaak, beloon met ‘n silwer medalje vir tweede plek in die 10,000 meter, aangesien sy nemesis, Haile Gebrselassie, die eerste plek behaal het.

Nog ‘n opvallende oorwinning vir die Keniaanse lang-afstandster was in die New York Marathon in 2005, waar hy ons eie Suid-Afrikaner, Hendrick Ramaala, gevee het. ‘Dit wys net die mededingendheid en die sterk geestelike taaiheid van ‘n sportman, en ek glo dit is wat sport ons vandag gee.”

‘n Kwarteeu later, het Paul teruggekeer na die terrein waar hy se tweede landlopp- wêreldtitel in Stellenbosch gewen het. Hy besin oor die tyd toe Suid-Afrika uit die apartheidsera en na ‘n nuwe demokrasie oorgegaan het. “In terme van die kursus het ons onseker geraak maar, ons was opgewonde dat Suid-afrika uiteindelik deel van die internasionale gemeenskap word en geleenthede kon aanbied.”

Die land was slegs twee jaar in ‘n nuwe demokrasie en is daarna toegelaat om aan internasionale sportbyeenkomste deel te neem en gesogte internasionale sportbyeenkomste aan te bied. Paul het uitgespeek hoe opgewonde hy is om terug in Stellenbosch te wees, nie as ‘n atleet nie, maar as ‘n sakeman in die sportbedryf. “Dit is baie verfrissend…Ek kan eintlik nie goed onthou hoe dit was toe ek in 1996 hier was nie, maar nou kan ek rondgaan en kuier.”

Maar hy het nie net kom kuier nie, maar hy het ook toekomstige geleenthede begin ondersoek om saam te werk en kennis met Maties uit te ruil en om talentvolle sportlui te vestig.

Paul,nou 52, sit op die direksies verskeie opvoedkundige instellings in Kenia, waar hy ook help om sportgeleenthede te organiseer deur ‘n sportbemarkings- en opebare-betrekkinge maatskappy wat  by bestuur, bekend as Fine Touch Communications.

Hy is ‘n sakeman, ‘n humanitêre wat sy land dien, ‘n lewende legend en een van die grootste langafstandlopers van alle tye.