Hi-Tec en Maties Rugby hernieu vennootskap

Maties Rugby het sy vennootskap met Hi-Tec as die klub se amptelike borg vir spandrag kort voor die aanvang van USSA- en Varsity Sport-sewesrugbytoernooie verleng. 

 

“Hi-Tec is sedert 2018 die borg van die Maties Rugbyklub se spandrag (wat nie klere waarin gespeel word insluit nie). Studente geniet dit om dié handelsmerk te dra. Ons studente-atlete is gemaklik en lyk goed in dié klere,” sê Hoof van die Maties Rugbyprogram, Drikus Hancke. 

 

“Hi-Tec se passievolle ondersteuning van die span is iets wat uitstaan. Hulle is ’n waardevolle klubvennoot wat altyd gewillig is om die ekstra myl te loop.” 

 

Danksy die nuwe reeks klere, is Hancke oortuig dat albei Maties se spanne by die opkomende sewesrugby-toernooie die “besgeklede spanne” sal wees. 

 

Hi-Tec se bemarkingshoof Andrea Engelbrecht deel Hancke se sentimente. 

 

“Ons hoop om die beste gehalte klere te verskaf om te verseker dat studente-atlete gemaklik is om op hul beste te presteer in die aanloop tot hul wedstryde. Ons is trots daarop om ’n vennoot te wees van ’n instansie met soveel geskiedenis en om betrokke te wees by ’n gemeenskap wat aanhou om die jeug deur sport te bemagtig.” 

 

Die hoofdirekteur van Maties Sport, Ilhaam Groenewald, het haar waardering met die Hi-Tec se borgskap uitgespreek en dit bevestig as ’n sleutelresultaat van Maties Sport, in lyn met een van die Universiteit Stellenbosch se strategiese temas, naamlik doelgerigte vennootskappe en inklusiewe netwerke. 

 

By die USSA-afskeidsfunksie wat Dinsdag plaasgevind het, was beide Hancke en President van die klub, Charl Cronjé bly om uiteindelik ook die Maties se vrouerugbyspan met hul Hi-Tec klere te voorsien. 

 

“Ons is veral bly vir die vrouespan, wat vir die eerste keer dieselfde klere as ons manspanne ontvang. Albei spanne sal met trots die uitrustings dra en hul Universiteit en Hi-Tec met baie passie verteenwoordig,” het Hancke afgesluit. 

 

Deur Kimara Singh