Nóg ’n suksesvolle Intervarsity-byeenkoms

Deur Jamie Wyngaardt 

Maties Sport het in Augustus aan die Wes-Kaap Intervarsity-byeenkoms teen Universiteit van Wes-Kaapland (UWK), Universiteit van Kaapstad (UK) en Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) deelgeneem. 

Die Intervarsity-byeenkoms het ten doel om verskeie sportkodes binne die Wes-Kaap te bevorder en spelers wat nie altyd in vir die eerste span speel nie, die geleentheid te gee om mee te ding. 

Die reëlingskomitee van die toernooi het seker gemaak om hoë prestasie-sportkodes en ontspannings- en leefstylkodes is in te sluit. In totaal is sewe sportsoorte in die byeenkoms verteenwoordig: sokker, basketbal, waterpolo, vlugbal, netbal, sewesrugby en bergfietsry. Wedstryde is op Woensdae gespeel en elke universiteit het die kans gekry om gasheer te wees. 

Maties se sportbestuurder vir watersport Candice Williams het gesê die byeenkoms was ’n geleentheid om die universiteite toe te laat om weer sport te begin beoefen, terwyl vroue ook in sport gevier word. 

“Aanvanklik was dit ’n bietjie vreemd na die Covid-19-pandemie om al die vrye interaksie met die ander universiteite te hê! Die Intervarsity het studente én personeel die geleentheid gegee om ’n mededingende omgewing te ervaar. Dit was ’n uitstekende begin om die mededingende gees weer aan te wakker. Daar is ’n groot voordeel daaraan verbonde om met universiteite in jou onmiddellike omgewing mee te ding. Ek is seker die studente-atlete sal vir jou sê dat dinge net ietwat anders is wanneer hulle teen ’n ander universiteit speel,” sê Williams. 

Boonop het dit studente die kans gegee om hul universiteit te verteenwoordig en hul selfvertroue op te hou vir toernooie soos USSA en Varsity Sport. 

Al vier universiteite het Saterdag 27 Augustus by die verskillende sportgeriewe in Stellenbosch meegeding op die laaste wedstryddag. Die prysuitdeling is na die tyd in die Coetzenburg-sentrum gehou. 

Die finale stand:

1. Maties;

2. UWK;

3. UK;

4. KPUT. 

MATIES SE FINALE UITSLAE: Sokker: Die span het die toernooi afgesluit met ’n dramatiese oorwinning in strafdoele teen KPUT (4-3) en so die titel gewen. Netbal: Die span is as kampioen gekroon ná ’n goeie vertoning in die tweede helfte. Sewesrugby: Die vrouespan het weggestap met die algehele oorwinning ná seges oor UK (43-0) en UWK (27-0). Waterpolo: Maties se vrouespan het UK met 11-1 geklop, terwyl die manspan met ’n enkele doel teen UK verloor het (11-12). Veldwedren: Ashley Smith het die eerste plek in die 4km-ren verseker met ’n tyd van 11 minute en 53 sekondes. Basketbal: Maties het UK met 71-47 geklop vir die eerste plek en die vroue het tweede geëindig. Vlugbal: Die vrouespan het die Intervarsity-titel gewen deur UK 2-1 te klop.