Samevatting van ’n opwindende seisoen!

Aan die einde van die 2024 rugbyseisoen het ons rede om trots te wees. In die Varsitybeker-toernooi het ons span elke week verbeter en uiteindelik tweede op die punteleer geëindig om ’n tuishalfeindstryd te verseker. Die nederlaag in daardie wedstryd het seergemaak, maar ons het baie lesse geleer en sal volgende jaar sterker terugkom.

Ons het vanjaar gemengde uitslae in die WP-liga behaal. Maties se eerste span, afgerig deur Kabamba Floors en Craig Barry, het vierde op die punteleer geëindig, net ses punte agter Hamiltons, en hul ligaveldtog het in die halfeindronde tot ’n einde gekom. Ons tweede span (Victorians), afgerig deur Enrico Swartz en Louis Blom, het tweede geëindig, agt punte agter die wenners, Valsbaai, en ons derde span (Cravens), afgerig deur Greg Nel en Lucas Roothman, het vierde geëindig, ses punte agter die wenners, Durbell. Ons junior-Maties, afgerig deur Eddie Fredericks, Matimu Maganyi en Clinton van Rensburg, het ook vierde op hul punteleer geëindig, 10 punte agter die wenners, Hamiltons.

Ons vrouesewesspan het dapper weerstand gebied teen Pukke in die eindstryd van die USSA Sewes-toernooi in Kimberley om uiteindelik die silwermedalje te verower. Ons manspan het ’n moeiliker toernooi gehad, maar het die skild gewen in hul finale wedstryd teen TUT.

Ons wens Ben-Jason Dixon, Edwill van der Merwe en André-Hugo Venter geluk met hul insluiting by die Springbok-groep. Hulle het almal ’n blywende indruk by die klub gemaak en hulle is uitstekende rolmodelle vir spelers en voornemende studente-atlete. Hulle is bewyse dat dit moontlik is om ’n akademiese kwalifikasie te behaal terwyl jy op die pad van rugby-ontwikkeling bly.

Die Maroenmasjien loop op geoliede wiele en ons verwelkom nog nuwe personeeltalent: Aneesah Adams, hoofafrigter van die vrouerugbyspan, Clinton van Rensburg, Young Gunsafrigter, en Johnwin Lewis, fasiliteite-assistent.

Ons het een van die beste universiteiteklubs in die wêreld en ons hou aan floreer te danke aan die ruimhartige ondersteuning van skenkers en borge. En hierdie maand is ons opgewonde om ’n hoofborgskapooreenkoms met Mitchum te onderteken.

Lees verder om meer uit te vind oor ons hoofafrigter en al die statistieke van die Kampusliga-seisoen. Neem ook kennis van belangrike datums sodat jy persoonlik of virtueel kan opdaag om jou ondersteuning te wys.

Welkom ook by ons eerste Maties Rugby-nuusbrief wat ons via ons WhatsApp-groepe uitstuur, maar jy kan dit ook in sy volledige formaat op hierdie webwerf vind om dit makliker te kan lees. Ons doel is om ons rugbygemeenskap van spelers, studente-aanhangers, alumni, ondersteuners en borge te verbind met nuus en insigte op een platform, wat ons hoop om elke twee maande te lewer.

Lees verder om meer uit te vind oor ons hoofafrigter, ons Mitchum-vennootskap en al die statistieke van die immergewilde Kampusliga-seisoen. Neem ook kennis van belangrike datums sodat jy persoonlik of virtueel kan opdaag om jou ondersteuning te wys.

Lekker lees …