Boodskap van die Hoof van Rugby

’n Jaar van mylpale, herinneringe en momentum

Maties Rugby is meer as ’n klub. Dit is ’n gemeenskap, ’n gesin, en ’n erfenis wat inspireer.

Ons het vanjaar Maties Rugby se 150e herdenking gevier. Ons is die tweede oudste klub in die land, en ons storie bestaan nie net uit legendes wat huishoudelike name geword het nie, maar ook uit baie onbesonge helde wat ’n reusebydrae gemaak het om iets groter as hulself te bou. Daarom vier ons alle spelers, afrigters, vrywilligers en vennote.

Ons het ons 150-jaar-mylpaal hierdie jaar sigbaar gemaak: Varsitybeker-tuiswedstryde is rondom ons erfenis gebou; ons geleenthede en digitale veldtogte het alumni en studente verbind; en handelsmerkopgraderings by die Danie Craven-stadion en op ander plekke het almal aan ons trotse geskiedenis herinner.

Niks hiervan sou moontlik gewees het sonder die Universiteit Stellenbosch nie. Aan ons kollegas in die hoëprestasie-eenheid, en die afdelings vir fasiliteitsbestuur, finansies, bemarking, kommunikasie en geleenthede – ons bedank julle vir jul vennootskap en ondersteuning.

Aan al die vrywilligers en alumni wat gehelp het deur hul tyd af te staan, verbintenisse te vestig of ons spanne te ondersteun – ons waardeer julle.

Aan ons borge — Mitchum, Adam Piper, Hi-Tec, Snapp, WebTickets, SAB, PenBev, Eikestad en ander – julle ondersteuning is meer as net finansieel. Julle help ons om aanhangers nader aan die spel te bring en ons erfenis uit te leef.

Aan al die studente, vriende en gesinslede en ander Maties Rugby-ondersteuners – jul ondersteuning moedig ons spanne aan om harder te speel en hoër hoogtes te bereik.

En aan ons eie Maties Rugby-personeel: ’n klein, toegewyde span wat ’n swaar las dra, dikwels agter die skerms, ongesiens maar nie onopgemerk nie – dankie!

Ons het so baie om vanjaar te vier – van opknappingswerk aan die Danie Craven-stadion en die aanbieding van die Varsitybeker-kompetisie, USSA-sewestoernooi en ’n glansryke Erfenisgala-ete, tot die aankondiging van nuwe nasionale spelers en die groei van ons teenwoordigheid op sosiale media wat nou met 57 000 volgers spog en 20 miljoen indrukke genereer!

Hierdie jaar se geleenthede het die rentmeesters van hierdie klub se passie aangeblaas om seker te maak dat hierdie erfenis gereed is vir toekomstige groei, toekomstige oorwinnings en die ontwikkeling van nuwe legendes. Ons kernprioriteite is duidelik: konsolideer en verhef ons spelers se loopbaanroetes, verdiep die betrokkenheid van belanghebbers en vergroot omvang, en bou stelsels, personeel en bestuursvermoëns om sukses op te lewer.

Jaar se hoogtepunte

Verteenwoordiging

In 2025 was 1 098 studente deel van Maties Rugby.

  • 825 studente het Kampusrugby gespeel, die hartklop van ons studentespel.
  • 273 studente het ons in 11 mededingende spanne verteenwoordig.

Op die provinsiale en nasionale verhoog:

  • 15 WP o.21-, 5 WP o.19- en 5 Curriebeker-spelers; 1 Stormer; en 1 WP Vroue-verteenwoordiger.
  • 4 SA o.20-spelers, waaronder die kaptein.
  • En 1 nuwe Springbok, wat die getal Maties wat die groen-en-goud gedra het op 187 bring.

 Naas ons huidige spanne:

  • Meer as 50 oud-Maties speel wêreldwyd professionele rugby.
  • Ons het 8 huidige Springbokke en ’n kerngroep wat ’n belangrike rol speel vir die Stormers.
  • Alumni speel in Ierland, Skotland, Engeland, Frankryk, Japan, die VSA en Roemenië.
  • En dis nie net spelers wat presteer nie — Aimee Barrett-Theron is nou ’n Wêreldrugby-toetsskeidsregter.

Prestasie op die veld:

Dit was ’n jaar van hoogtepunte en lesse op die veld:

  • Varsitybeker-mans: 1e op die punteleer, finaliste.
  • Varsitybeker-vroue: Kampioene.
  • USSA-mans: Tweede.
  • WP-ligas: Goeie prestasies deur ons 2e, 3e, junior-Maties- en Markotter-span.
  • Oor die hele klub heen: 110 wedstryde, 76 oorwinnings, wenpersentasie van 69%.

Ons het ook moeilike lesse geleer in die WP-liga, waar ons eerste span se prestasie nie aan ons verwagtinge voldoen het nie. Hierdie oomblikke is net so belangrik soos ons oorwinnings – hulle dwing ons om te herevalueer, te verfyn en te verbeter vir die volgende uitdaging.

Geleenthede:

  • Ons het meer as 150 wedstryde aangebied.
  • Varsitybeker by Danie Craven: kaartjies vir drie wedstryde is uitverkoop; gemiddelde bywoningsyfer was 74% van die stadion se kapasiteit.
  • Kampusrugby-finaal het 3 000 toeskouers gelok, en Derby-dag 4 500.
  • Ons het ook die USSA-sewestoernooi aangebied en uitstekende terugvoer van universiteite en borge ontvang.

Kommersiële groei:

  • Algemene jaar-tot-jaar-inkomste het met 18% toegeneem.
  • Die inkomste uit borgskappe en donasies het met 21% toegeneem.
  • Die Ondersteunersklub het met 17% gegroei, van 406 tot 473 lede.

150 jaar van Maties Rugby het ons herinner wie ons is – en waarheen ons op pad is. Ons eer die legendes wat hierdie erfenis gebou het, en ons gryp die verantwoordelikheid aan om dit te versterk vir toekomstige generasies.

Ons sien uit na die volgende hoofstuk – sterker, skerper, saam.

Drikus Hancke

Drikus Hancke

Hoof van Rugby

Datums om te Noteer

FNB Varsitybeker Toernooi 2025

  • Ronde 1: Maandag, 17 Februarie 2025
    Maties vs UV – 19:00 (Word op TV uitgesaai)
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 2: Dinsdag, 24 Februarie 2025
    Maties vs NWU – 19:00 (Word op TV uitgesaai)
    Fanie du Toit Sportgronde
  • Ronde 3: Maandag, 3 Maart 2025
    Maties vs CUT – 19:00
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 4: Maandag, 10 Maart 2025
    Maties vs UJ – 19:00
    UJ Stadion
  • Ronde 5: Maandag, 17 Maart 2025
    Maties vs UCT – 19:00 (Word op TV uitgesaai)
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 6: Maandag, 24 Maart 2025
    Maties vs UP-Tuks – 19:00
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 7: Maandag, 31 Maart 2025
    Maties vs WITS – TBC
    WITS Rugby Stadion

FNB Varsitybeker Vroue Toernooi 2025

  • Ronde 1: Vrydag, 14 Maart 2025
    Maties vs UFH – TBC
    Davidson Stadion
  • Ronde 2: Vrydag, 21 Maart 2025
    Maties vs UKZN – 15:00
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 3: Vrydag, 28 Maart 2025
    Maties vs UP-Tuks – 15:00
    Danie Craven Stadion

FNB Varsity Young Guns Toernooi 2025

  • Ronde 1: Dinsdag, 24 Februarie 2025
    Maties YG vs WITS YG – 15:00
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 2: Maandag, 3 Maart 2025
    Maties YG vs UP-Tuks YG – 16:00
    Danie Craven Stadion
  • Ronde 3: Maandag, 10 Maart 2025
    Maties YG vs NWU YG – 16:00
    Fanie du Toit Sportgronde
  • Ronde 4: Maandag, 17 Maart 2025
    Maties YG vs WITS YG – 13:45
    WITS Rugby Stadion
  • Ronde 5: Maandag, 24 Maart 2025
    Maties YG vs UP-Tuks YG – 15:00
    TUKS Stadion
  • Ronde 6: Maandag, 31 Maart 2025
    Maties YG vs NWU YG – TBC
    Danie Craven Stadion

USSA | Varsity Sport | Bekertitels

Varsitybeker – 5 titels (2008, 2009, 2010, 2018 en 2019)

Dames Varsitybeker – 1 titel (2023)

USSA 15s – 5 van die laaste 6 toernooie gewen (2017, 2018, 2022, 2023 en 2024)

Varsity 7s – 4 titels (2012, 2013, 2014 en 2016)

USSA 7s Mans – 4 titels (2012, 2015, 2016 en 2017)

USSA 7s Dames – 1 titel (2022)

Ontmoet die Spanne

Maties 1ste Span (Varsitybeker en USSA)

Maties Dames (Varsitybeker en USSA)

Junior Maties (Young Guns)

Maties Mans 7s

Maties Dames 7s

Maties Klubspanne (1ste Span, 2de Span, 3de Span, O20’s en Dames)

Maties Rugby Geskiedenis

Die Stellenbosch Rugby Football Club is die tweede oudste rugbyklub in Suid-Afrika en is in 1875 gestig. Die hoofkwartier van die Maties is die Danie Craven Stadion by Coetzenburg in Stellenbosch. Afgesien van die Craven Stadion, wat 17 000 toeskouers kan akkommodeer, gebruik die klub agt bykomende rugbyvelde vir oefening en wedstryde. 24 spanne neem deel aan die Kampus Rugby Liga. Vyf Maties klubspanne neem deel aan die ligas van die WP Rugby Football Unie (insluitend ons Damespan) en ons het 'n Mans en 'n Dames 7s span wat jaarliks in die USSA-kompetisie meeding. Met 31 spanne en net meer as 900 geregistreerde rugbyspelers wat aan ligawedstryde deelneem, is Maties Rugby waarskynlik een van die grootste mededingende rugbyklubs ter wêreld. Deur die geskiedenis het die Rugbyklub verskeie rugbylegendes voortgebring, soos Paul Roos, AF Markötter en Danie Craven. Maties Rugby het 184 Springbokke opgelewer, met Jordan Hendrikse, Edwill van der Merwe, Ben-Jason Dixon en Andre-Hugo Venter as die laates wat by hierdie glorieryke groep aangesluit het nadat hulle in 2024 hul Springbok-debute gemaak het.

Maties Rugby Personeel

Studio April 2024 1-5

Drikus Hancke

Hoof van Rugby
Kabamba Floors_result

Kabamba Floors

Senior Mans Hoofafrigter
Matimu Manganyi

Matimu Manganyi

Junior Mans Asst. Afrigter
MC Coetzee

MC Coetzee

Krag & Kondisionering
Shareen van Staden

Shareen van Staden

Administratiewe Beampte
Shaun February

Shaun February

Rugbykoördineerder

Aneesah Adams

Dames Hoofafrigter

Clinton van Rensburg

Junior Mans Hoofafrigter

Craig Barry

Senior Mans Asst Afrigter

Johnwin Lewis

Fasiliteitspersoneel

Maties Rugby Borge

Kontakbesonderhede

Shareen van Staden:
E-pos: shareen7@sun.ac.za
Telefoon: 021 980 83802
Kantoor ligging: Danie Craven Stadion
Kantoorure: 8:00 vm tot 17:00 nm

Sosiale Media