Terugblik na triomfantelike USSA-toernooi vir Maties Hokkie

Na afloop van ’n suksesvolle USSA-veldtog kyk Maties Hokkie se krag- en kondigsioneringsafrigter Llewellyn Morkel terug na die dele van die Maties Sport Hoë Prestasie-program wat bygedra het tot algehele oorwinnings vir mans en vroue. 

Ná ons vertoning by USSA is dit ’n goeie tyd om te reflekteer oor die HP-eenheid se hokkieprogram en hoe dit bydrae tot die spanne se sukses. Wat doen ons anders vir die vroue- en mansgroepe? Wat is die sleutelelemente vir ons krag- en kondisioneringsprogram? 

Die beste ding vir hokkie is … hokkie. 

Die doel van die program is om spelers te help om hul beste hokkie op die astro te speel. Ons moet genoeg spelers op die astro hê wat hokkie op die vereiste vlak van spoed en intensiteit speel. Die doel is om die risiko van beserings te verminder en die spelers voor te berei en te laat speel op die intensiteit wat in wedstryde benodig word. 

Die sleutelfaktor hierin is ons ingesteldheid en die proses wat ons volg.  

Konsekwentheid is die belangrikste element in verbetering. Ons het ons spelers nodig om eerstens vir alle oefensessies op te daag. Jy kan nie sterker word nie, tensy jy konsekwent na die gimnasium kom. Hierdie konsekwentheid is die grondslag vir alles. Sodra jy konsekwent is, kom die intensiteit en kwaliteit.  

Die ingesteldheid van ons krag- en kondisioneringsproses is die verhoging van die grondslag standaard. Baie programme kyk na die verhoging van die standaarde deur daarop te fokus om atlete deur hul perke te druk. Maar vir ons is dit belangrik om die grondslag se standaard hoër te maak. Ons spelers sal outomaties deur hul perke druk as daar genoeg op die hoogste vlak meeding word. En dit is wat Maties Hokkie doen.  

As jy die minimum prestasievlak vir jou groep kan verhoog, verhoog jy reeds in wese die vlak van oefening. As almal op ’n hoër vlak speel, kan die randfigure in die groep verder gaan en meer doen, wat die verhoging van die span se prestasie meebring. Hoe meer spelers jy het wat op of bo ’n sekere vlak kan presteer, hoe beter is dit vir die kwaliteit van spanne se oefensessies.  

Doen ons iets anders? 

Die manier waarop oefening gestruktureer is, is meestal dieselfde tussen die twee groepe. Daar is ’n paar verskille in die struktuur en hoe oefenplan toegepas word en dit is om die spelers en die afrigters, wedstrydskedule en die wedstrydplan te akkommodeer. 

Die laaste punt om te maak, is dat die ’n evolusie-proses is. Dit is net nog ’n iterasie van hierdie program en die proses het laat in 2020 begin. Ons het ons huidige proses gebou, aangepas en gekweek tot waar dit nou is en ons sal voortgaan om dit te doen. 

Deur Llewellyn Morkel 

Maties Hokkie, krag- en kondisioneringsafrigter