Maties laat merk by Statebondspele

’n Aantal huidige en voormalige Maties Sport studente-atlete het aan die 2022 Statebondspele in Birmingham, Engeland deelgeneem. 

Die byeenkoms was van 28 Julie tot 8 Augustus. Dit was die eerste keer dat ’n groot internasionale sportbyeenkoms ter self ter tyd die Paralimpiese en nie-Paralimpiese Spele aanbied. Suid-Afrika het 27 medaljes huis toe gebring, waaronder sewe goue, nege silwer- en 11 bronsmedaljes. Daar was vyf huidige studente-atlete en een afrigter van Maties by die Spele, met 12 van ons alumni wat ook in aksie was; 15 het Suid-Afrika en drie het ander lande verteenwoordig.  

HUIDIGE STUDENTE-ATLETE 

Rugby: Bianca Augustyn (RSA) 

Para-atletiek: Charl du Toit (RSA) en afrigter Daniel Damon (RSA) 

Swem: Tilka Paljk (Zambië) en Adam Moncherry (Seychelle) 

Netbal: Nicola Smith (RSA) 

ALUMNI 

Netbal: Nichole Taljaard (RSA) 

Rugby: Sakoyisa Makata (RSA), Christie Grobblaar (RSA) en James Murphy (RSA) 

Swem: Emma Chelius (RSA) 

Para-swem: Christiaan Sadie (RSA) 

Hokkie: Heather McEwan (Skotland), Keenan Horne (RSA), Tarryn Lombard (RSA), Quanita Bobbs (RSA) en Wanri Venter (RSA, skeidsregter) 

Fietsry: Mariske Strauss (RSA) 

Parasport 

Die Maties Parasport-klublid Charl du Toit het die silwermedalje in die 100 m (T37/T38) vir mans in ’n nuwe Statebondspele-rekordtyd van 11,54 sekondes gewen. “Sedert ek ’n klein seuntjie was, wou ek altyd die groen en goud dra, al was dit net een keer. En om Suid-Afrika by hierdie Statebondspele te verteenwoordig, was ’n ongelooflike ervaring. Ek is so dankbaar daarvoor,” sê Du Toit. 

Du Toit (29) het ná die wedloop sy uittrede aangekondig. Sy loopbaan sluit in twee goue medaljes by die 2016 Paralimpiese Spele, sowel as twee goue medaljes by die 2017 Wêreldbyeenkoms. Hy het krediet aan Maties Sport gegee vir die ondersteuning wat hy gedurende sy loopbaan ontvang het. 

“Maties Sport was die mees konsekwente ondersteuner van my atletiekloopbaan, vanuit ’n institusionele oogpunt. Ek is baie dankbaar vir die ondersteuning en ook die mense wat ek by Maties Sport ontmoet het. Ek is ’n trotse Matie en sal altyd patrioties teenoor hulle wees. Hulle het tyd en moeite in my loopbaan belê. Maties Sport respekteer parasport. En dit is iets waarvoor ek altyd dankbaar sal wees, en ek hoop dat die nalatenskap van parasport en inklusiwiteit aan die universiteit kan voortgaan en dat ons, as die instelling en as Suid -Afrikaners, nie net boksies sal afmerk nie.” 

Maties se Daniel Damon het die Suid-Afrikaanse Para-gooiers tydens die Spele afgerig. 

Rugbysewes 

 

Die voormalige Maties Rugbyklub-lede Sakoyisa Makata, Christie Grobbelaar en James Murphy was almal deel van die Suid-Afrikaanse rugbysewes-span wat die goue medalje gewen het deur die Olimpiese kampioene Fidji met 31-7 in die eindstryd ore aan te sit. 

Murphy was in ekstase toe hy dié goue medalje by sy lys van toekennings kon voeg. Sy tyd by Maties en sy afrigters by die klub

, het bygedra tot sy sukses. “My rugbyloopbaan het met erns eers by Maties begin. Ek het nie eintlik rugby op skool gespeel nie, en dit was in Stellenbosch waar my liefde vir die sport gegroei het. Daar was hoogte- en laagtepunte en ek moes meer as een keer hoor ek was nie goed genoeg vir die eerste span nie, maar dit is deel van karkaterbou. Om Suid-Afrika by die Statebondspele te verteenwoordig, is beslis een die

 hoogste hoogtepunte van my loopbaan. Dit was ’n belangrike doelwit vir my en wonderlike voorreg en eer.” 

Maties Rugby se vrouespeler Bianca Augustyn het vir die Suid-Afrika vrouespan gespeel. Die span het in die sewende plek geëindig.  

“Dit is ’n ongelooflike gevoel en dit is eintlik steeds onwerklik vir my om te dink ek het my land op die internasionale verhoog verteenwoordig. Dit was ’n groot eer om op die veld uit te hardloop met die wete dat ek iets groter as net myself verteenwoordig. Ek het nog altyd van ’n oomblik soos hierdie gedroom, en ek was dankbaar en geseënd vir die geleentheid om my droom uit te leef. Ek het in 2018 rugby vir Maties begin speel, toe ons nog op die vlugbalbaan moes oefen! Dinge het egter sommer baie verander sedertdien danksy ons afrigter Johann Zeier en die hulp van Maties Rugby. Johann het regtig baie moeite gedoen om ons te kry waar ons vandag is. Ek is dus baie dankbaar vir sy afrigting, leiding en toewyding, want sonder hom sou daar nie ’n rugbyprogram gewees het nie.”

 

 

Hokkie 

Verskeie voormalige Maties het die mans- en vrouespanne verteenwoordig. Die vroue het sewende geëindig, terwyl die mans in die bronsmedalje-wedstryd in aksie was.   

“Dit is wonderlik om by ’n multisport-geleentheid te wees, dit is my tweede Statebondspele. Die aantrekkingskrag en die aansien is groot en dit is net so besonders soos my eerste keer. Elke keer as ek my Suid-Afrikaanse trui oor my kop trek en my land verteenwoordig, is dit baie spesiaal. Die byeenkoms was egter ekstra spesiaal omdat ons die eerste span in 20 jaar was om in die halfeindronde van die manskompetisie te speel. Dit was ongelooflik om nie net deel te neem nie, maar ook mee te ding en dit is ’n belangrike doelwit,” sê Keenan Horne. 

Netbal 

Die huidige Maties-netbalspeler Nicola Smith en die alum Nichole Taljaard was deel van die Suid-Afrikaanse netbalspan wat in die sesde plek geëindig het. 

Nadat Suid-Afrika en Uganda albei derde in hul onderskeie groepe geëindig het, het dié twee Afrika-spanne mekaar die stryd om die vyfde plek aangesê. Ofskoon die Proteas die wedstryd as gunstelinge begin het, was Uganda met 54-48 baas. 

Swem 

Maties-swemmers Adam Moncherry, wat Seychelle verteenwoordig, en Tilka Paljk, wat Zambië verteenwoordig, het aan die Spele deelgeneem. 

Moncherry het in die 50m- en 100m-vryslag, die 50m en 100 m-vlinderslag, die 4x100m-vryslag-aflos en die gemengde 4x100m-vryslag-aflos deelgeneem. Paljk was in die 50m en 100m-borsslag, die 50 m-vryslag en die 4x100m-gemengde-aflos in aksie. 

“Dit is altyd ’n eer om my land te verteenwoordig en dit was ’n ongelooflike ervaring. Maties het my die geleentheid gegee om sonder die spanning te kan studeer en swem. My afrigters en dosente werk saam om te verseker dat ek dit sonder stres kan doen en daarvoor is ek baie dankbaar,” sê Paljk. 

Dit was ’n baie goeie byeenkoms vir ons Maties en die ervaring van die Statebondspele sal vir altyd onthou word. Dankie dat julle die Maties-vlag met soveel trots laat wapper!