Afrigter Finch wat deur die dekades grense verbreek

Hy is die oudste van drie broers en het groot geword in ’n voorstad van Kaapstad genaamd Kensington, wat ’n ryk geskiedenis het wat oor meer as 100 jaar strek. 

 

Die gerespekteerde, ervare en legendariese swemafrigter van Maties Swem en Suid-Afrika Swem, Cedric Finch is gebore en getoë in Kensington. Die hele Finch-gesin was nou by sport in die omgewing betrokke. Met die ervaring van drie Olimpiese byeenkomste besef Finch die waarde van dissipline en toewyding om jou eie Olimpiese oomblik te maak. 

 

“Ons het almal ons Olimpiese oomblik waarna ons streef, vir sommige is dit om op die wêreldverhoog mee te ding en vir die volgende persoon kan dit wees om die beste atleet in sy/haar land te wees,” vertel Finch. 

 

“Elkeen het sy eie doelwit. My doelwit is anders as die volgende persoon. As dit by sport kom, is die Olimpiese Spele te vernaamste platform waarop jy kan meeding. Maar vir jou kan die doelwit deelname aan ’n USSA-toernooi wees. My doelwit was altyd om die beste afrigter te wees wat ek moontlik kan wees. Ek sien waarde in die sogenaamde groot en klein seges.” 

 

Sedert sy kinders by die plaaslike swemklub in Kensington, Walmers, aangesluit het, het Finch ’n sterk affiliasie met swem ontwikkel. Soos met elke afrigter en mentor, het Finch sy eie styl van afrigting ontwikkel, wat ’n atleet gesentreerde benadering is, ’n filosofie wat hy vandag nog volg. 

 

Finch het aan Hoërskool Kensington gematrikuleer en woon tans in Parow. Dit was in 1999 toe hy by die Universiteit van Wes-Kaapland (UWK) se Sentrum van Uitnemendheid aangesluit het dat sy professionele afrigtingsloopbaan begin het. Met sy liefde vir die sport en die gesin se sterk affiliasie met watersport, het Finch sy visier daarop gerig om een van die land se beste afrigters te word. 

 

“Ek het in 1999 professioneel begin afrig, maar ek het myself nog altyd gesien as ’n afrigter wat wil teruggee. Dit was by UWK dat ek my eerste geleentheid as professionele afrigter gekry het. Ek is inderdaad groot dank aan die Walmers-swemklub in Kensington verskuldig vir die geleentheid om my vaardighede te slyp. Ek het begin as ’n hulpafrigter en toe so 11 jaar later was ek die hoofafrigter vir die swemmers by UWK.” 

 

In 2010, meer as ’n dekade later, het Finch die verantwoordelikheid gekry om swemmers vir die 2012 Olimpiese Spele in Londen voor te berei. 

 

“By die Sentrum van Uitnemendheid het ons sowat vyf Olimpiese swemmers, wat Natalie du Toit ingesluit het, gehad wat gereed was om hul talente op die wêreldverhoog te wys. Ons het hulle vir sowat tien sessies per week afgerig, soms tot ses dae ’n week.” 

 

Dit was ná die 2016 Rio Olimpiese Spele dat Finch by Maties Swem aangesluit het, teen hierdie tyd was hy die hoofafrigter van Swem SA Ope marathon-swemmers, ’n pos wat hy tans nog beklee. Hy het ook die Tokio Olimpiese Spele in 2021 tot sy CV gevoeg.  

 

Ten spyte van die afrigting van sommige van Suid-Afrikaanse mees suksesvolle professionele swemmers, glo Finch dat sy werk met studente verder gaan as die swembad, en hy hoop om elke student-atleet te inspireer om hul studies voort te sit en te verseker dat hulle gradueer terwyl hulle mededingend in die swembad bly. 

 

“Ek was die bestuurder en afrigter van die hele span vir Swem Suid-Afrika by Wêreldbyeenkoms. Ek was nog altyd by studente betrokke; dit is meer as 20 jaar dat ek ’n professionele afrigter is, maar om studente te help om te gradueer, is een van die mees bevredigende dinge wat ek kan doen. 

 

“Stellenbosch se studente-atlete is presies dit – studente. Hulle is eers studente, so hul akademiese werk moet altyd eerste kom, gevolg deur hul sportloopbaan.” 

 

Finch het drie seuns en ’n dogter; almal het al óf provinsiaal óf nasionaal geswem. Sy seun, Doyle was een van drie studente wat UWK by die Wêreldstudentespele in 2009 verteenwoordig het. 

  

“As jy dit kan glo, dit kan sien en dit droom…kan jy dit bewaarheid. Ek het nooit gedink ek sou eendag ’n afrigter wees nie en kyk, ek reis die wêreld deur om van die land se beste swemmers af te rig.” 

 

Terwyl hy by die huis is, hou Finch ironies genoeg daarvan om met vuur te werk. Hy is mal oor kosmaak, spesifiek potjiekos.