Maties Sport personeel veranderinge

Soos ons die tweede helfte van die jaar binnegaan, deel ons graag ’n paar personeel skuiwe by Maties Sport. 

Ons kondig met trots aan dat Reginald Smith Maties Sport se nuwe Hoof van Sportbestuur is. 

“Ek is opgewonde oor die uitdaging. Ek sien daarna uit om saam met ons verskillende sportbestuurders te werk en hulle te ondersteun om hul doelwitte te bereik, asook om te verseker dat ons as ’n eenheid saamwerk om ons Maties Sport se strategiese doelwitte bereik.” 

Dié voormalige sportbestuurder van Maties Hokkie sê die sleutelprestasie-areas van die nuwe rol maak hom opgewonde, aangesien hy 28 jaar se ondervinding in sport-klubbestuur by vier verskillende tersiêre instellings het. 

“Dit is vir my ’n positiewe stap om van direkte sport-klubbestuur na ’n meer strategiese rol te beweeg. Dit is belangrik om te ontwikkel en ervaring op te doen met verloop van tyd om op ’n meer strategiese vlak te benut,” sê Smith. 

Anche Nortje, nou die waarnemende hokkiebestuurder, sê sy is opgewonde en uiters dankbaar vir die nuwe geleentheid. “Ek hou daarvan om met mense te werk en om vennootskappe aan te gaan wat vir beide partye voordelig sal wees. Hierdie nuwe pos laat my toe om presies dit te doen.” 

Nortje het reeds in 2015 as afrigter by die klub betrokke geraak en sy was ook vir ’n paar jaar die klub se koördineerder, waar sy verantwoordelik was vir die koördinering van byeenkomste, klinieke en toernooie. “Die ontwikkeling van bestuurservaring in hierdie rol sal my beslis op die lang termyn baat,” sê Nortje. 

Ons wil ook vir Chuma Dyakala gelukwens met haar bevordering tot administratiewe beampte. Sy werk reeds vir twee jaar by Maties Sport as ’n sportbestuur intern. Sy is baie opgewonde oor die nuwe rigting wat projekte en die aanbied van byeenkomste insluit. 

“In my nuwe rol sal ek sy aan sy werk met die hoof van sportbestuur, Reginald Smith, en die direkteur van ondersteuningsdienste, Jerry Laka. Dit is ’n uitdaging waarvoor ek glo ek gereed is.” 

Dyakala het kwalifikasies in Sport- en Byeenkomsbestuur wat hierdie rol die perfekte posisie vir haar maak om haar praktiese kennis by Maties Sport uit te brei. 

Ellroy Smith, wat in 2004 as ’n deeltydse jeugkoördineerder begin het, sê hierdie oomblik voel vir hom soos die voltooiing van ’n sirkel. Met inagneming van sy jare lange diens by Maties, die ervaring wat hy as hoëprestasie-sokkerafrigter opgedoen het, en die suksesvolle voltooiing van sy akademiese kwalifikasie, is die pos as sportbestuurder welverdiend. 

“Ek is opgewonde en in dieselfde asem ook senuweeagtig. Met die nuwe rol kom nuwe verantwoordelikhede en aanspreeklikheid,” het hy gesê. 

Sean Surmon, adjunkhoof van die hoë prestasie eenheid, het sedert April 2021 sy tyd verdeel tussen die bestuur en leiding van die HP-afdeling en waarnemende sportbestuurder vir Maties Rugby. Hy sê die ekstra rol was ’n reis waartydens hy baie gegroei en nuwe kennis opgedoen het. 

“Sportbestuur is die area waar ek wou groei om tot my loopbaan by te voeg, en hierdie geleentheid het op ’n goeie tyd gekom. Dit het ook ’n proses van bestuursveranderinge en transformasie leierskap vereis, wat alles gebiede is waar ek my vaardighede wou uitbrei.” 

Surmon, sê hy sien daarna uit om die kennis wat hy by rugby opgedoen het, te gebruik om ander sportklubs in die toekoms by te staan. 

Yaseen Gangat, sportadministrateur van Tygerberg-kampus het die geleentheid gekry om vanaf 31 Augustus 2022 waarnemende sportbestuurder vir E-sport te wees. Gangat het groot geword met dié aktiwiteit en het ’n passie daarvoor. “Ek is ongelooflik bly en dankbaar dat ek in staat is om my ware passie op ’n daaglikse basis uit te leef. Daar word dikwels gesê dat as jy dit doen waarvoor jy lief is, jy nie ’n dag in jou lewe sal werk nie, en ek kan nie meer daarmee saamstem nie!” het Gangat gesê. 

E-Sports het in 2017 by die Universiteit Stellenbosch begin en was die eerste van sy soort by ’n tersiêre instelling. “My nuwe rol in die E-Sport-arena sal dien om die verhouding tussen hoofkampus en Tygerberg te verbeter met gereelde alternatiewe E-Sports-toernooie en ligas tussen die kampusse met toekomstige planne om die militêre kampus te inkorporeer.” 

Gangat het die afgelope twee jaar suksesvolle en opwindende E-Sport-toernooie by die Tygerberg-kampus aangebied, en dit het hom waardevolle ervaring in die nuut ontwikkelde sportkode gegee. 

Ander personeel skuiwe is Charlé Swart nou sportbestuurder en Zukhanye Magwa die waarnemende sportbestuurder vir basketbal, tennis en fietsry. 

Maties Sport wens almal ’n voorspoedige reis toe in hul nuwe posisies en rolle. Die personeel se ervaring, vermoëns, toewyding en harde werk het hulle na nuwe hoogtes van sukses geneem, en ons is baie trots! 

Deur Jamie Wyngaardt