Ons is opgewonde om ons 2023-jaarverslag te deel

Dié verslag sluit ons prestasies, areas vir verbetering, en mylpale in die bevordering van sportuitnemendheid, studente ontwikkeling en die versterking van ons kampusgemeenskap deur ’n diverse sportmodel in.

Ons het merkwaardige vertonings gesien, oorwinnings gevier en betekenisvolle verhoudings met ons belanghebbendes gedurende die jaar gesmee. Ons student-atlete het hul vaardigheid op die sportveld en hul toewyding aan akademiese sukses en sportmanskap ten toon gestel.

Die verslag beklemtoon ons verbintenis tot inklusiwiteit, volhoubaarheid en innovasie by Maties Sport. Die krag van sport om te inspireer, te verenig en positiewe verandering te skep, word in die verslag weerspieël – insluitend ons voortdurende pogings om daardie krag te benut vir die verbetering van ons universiteit en die samelewing.

Ons nooi u uit om die volledige verslag te verken, wat die sukses van die Universiteit Stellenbosch, Maties Sport en ons verbintenis tot relevansie vier.

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning.

Ilhaam Groenewald

Hoofdirekteur

Maties Sport