Tien Maties in SA Span vir Universiteitspele

Studente-atlete moes twee jaar wag vir die 31ste Somer Universiade van 28 Julie tot 8 Augustus 2023 in Chengdu, China. Universiteitsport Suid-Afrika (USSA) het Dinsdag die span aangekondig wat Suid-Afrika by die Spele sal verteenwoordig. 

Die groep sluit tien Maties Sport-studente-atlete en een afrigter in. 

“Baie geluk met julle insluiting in die USSA nasionale span wat ons pragtige land en ons universiteit by die 31ste Somer Universiade in Chengdu, China verteenwoordig. Weens Covid is die byeenkoms ongelukkig vir twee jaar uitgestel. Dié vertraging het verskeie studente-atlete se loopbane beïnvloed. Ná twee jaar het die geleentheid nou aangebreek om jou beste te gee, te streef na uitnemendheid en ’n medalje of twee vir ons land te wen. Ons is baie trots op julle, en is hier om julle aan te hou ondersteun om te verseker dat julle presteer,” het Ilhaam Groenewald, hoofdirekteur van Maties Sport, gesê. 

Die volgende Maties is in die Span SA-groep ingesluit: 

Atletiek: Breyton Poole, Jesse Perez, Jana van Schalkwyk, Jason Oktober 

Basketbal: Lutho Skweyiya 

Tennis: Jason Fogle 

Swem: Petrus Truter 

Waterpolo: Leila Broomhall, Stephanie Berry, Jordan Harding, Cameron Sugden (Hoofafrigter).