2023 USSA winter voorskou

Maties Sport het vroeër vandag meer as 150 studente-atlete alles van die beste toegewens vir die 2023 USSA winter-byeenkomste. 

Universiteit Stellenbosch Rektor en Visekanselier, Prof. Wim de Villiers, het Maties Sport-studente-atlete met ’n inspirerende boodskap om elke oomblik te geniet na hul onderskeie bestemmings gestuur. 

Prof. De Villiers het na een van die legendaries basketbalspeler Michael Jordan se bekendste aanhalings verwys: “Ek het meer as 9000 doel-skote in my loopbaan gemis. Ek het amper 300 wedstryde verloor. Ek is 26 keer vertrou om die beslissende doel te neem en het gemis. Ek het al oor en oor en weer in my lewe gefaal en daarom is ek suksesvol.” 

Hy het die spanne gelukgewens met die balansering van hul sport en akademie, deur altyd eerste studente te wees en tweedens atlete. Hy het die studente daaraan herinner dat hulle net die doele mis wat hulle nie neem nie. En dat as hulle mis, moet hulle opstaan en weer probeer. 

Die 2023 USSA winter-byeenkomste sluit in hoëprestasie-sportkodes – netbal, rugby, basketbal en hokkie – asook mededingende sportkodes pluimbal en muurbal.

NETBAL 

Maties is die verdedigende USSA-kampioen. Maties Sport sal 32 universiteite in Stellenbosch verwelkom om vir die onderskeie afdelings se titels mee te ding. Dit was ’n uitstekende jaar vir Maties toe hulle goud by die 2022 USSA-toernooi gewen het. Dit het ’n titel-droogte van 27 jaar gebreek. Die tweede span het die bronsmedalje in die B-afdeling gewen. Albei Maties-spanne is gevul met nuwelinge en elke speler is gretig om hul talente op hul tuisbaan ten toon te stel. 

Die USSA-netbaltoernooi is 3-7 Julie by die Maties-netbalbane in Stellenbosch. 

HOKKIE 

Maties se mans- en vrouespanne sal meeding om hul tweede agtereenvolgende titels te verower. Ongeziwe Mali, kaptein van Maties se vrouespan, het gesê al die spelers is baie opgewonde. 

“Ons is dankbaar vir die geleentheid wat ons kry. Ek glo al die voorbereiding en harde werk wat ons ingesit het, sal op die astro wys. Ons hoop is vir ’n goue medalje!” 

Die USSA-hokkietoernooi is 3-7 Julie by IIE Varsity Kollege in Durban. 

RUGBY 

Maties het verlede jaar met die trofee weggestap en hoop om dit wéér Stellenbosch toe te bring. Die Maroenmasjien het hard gewerk onder die leiding van afrigters Kabamba Floors en Craig Barry. “Dit is ons verantwoordelikheid om die leiers te wees en die groep te lei,” sê Floors. Gift Dlamini, wat al vyf jaar vir Maties speel, is die kaptein. 

Die USSA-rugbytoernooi is 8-12 Julie by IIE Varsity Kollege in Durban. 

BASKETBAL 

Albei Maties-spanne hoop om vanjaar hul posisie te verbeter. Die vrouespan het negende in die 2022-toernooi in Johannesburg geëindig. Die manspan het TUT in die halfeindstryd aangedurf en met vier doele verloor, wat die span ’n vierde posisie besorg het. 

Die manskaptein, Lutho Skweyiya, het in sy toespraak tydens die afskeidsfunksie erken dat sport en akademie ’n gesukkel kan wees. Hy het daarna as ’n “pragtige stryd” verwys!  

Alhoewel dit uitdagend is, het hy sy dankbaarheid teenoor Maties Sport uitgespreek vir die voorsiening van geestesgesondheid- en sielkundige sessies wat deur Eugene Oppelt gefasiliteer is, die gereelde inklokdatums en die leiding wat gegee is gedurende sy vyf jaar by die Universiteit. 

Die USSA-basketbaltoernooi is 5-9 Julie by IIE Varsity Kollege in Durban. 

MUURBAL EN PLUIMBAL 

In 2022 het Maties se muurbalspan twee goue en een silwermedalje gewen. Daar was ook ’n verdere twee silwermedaljes in die spankompetisie. Die USSA-span het hard gewerk om die momentum en motivering te hou om vanjaar nog meer medaljes Matieland toe te bring. 

Die pluimbalspan sien uit na vanjaar se kompetisie aangesien hy verlede jaar ’n uitstekende vertoning gehad het. Die span het deurgedring na die eindronde en het die eerste plek vir die spanbyeenkoms behaal, insluitend die vrouespan wat twee goue medaljes vir dubbel- en enkelspel gewen het. Die manspan het ’n tweede plek vir individuele en derde plek in die spankompetisie behaal. 

Die USSA-muurbaltoernooi is 5-9 Julie 2023 by Parkview-muurbalbane in Johannesburg. Die USSA-pluimbaltoernooi is 9-15 Julie 2023 by Tuks in Pretoria. 

Grant van Velden, hoof van die Hoë Prestasie-eenheid by Maties Sport het die geleentheid hiermee afgesluit: “Ons is die Maroenmasjien. Ons sal nie terugstaan in die aangesig van teëspoed nie, en ook nie toegee nie aan vyande wat ons probeer verslaan. Ons sal mekaar ophef tot die hoogste hoogtes met die wete dat ons saam onstuitbaar is. Ons speel met eer en trots, en met ’n honger om sukses te behaal. 

Ons wens al die Maties-spanne wat aan USSA deelneem die beste toe. Gaan uit en verdedig julle titels met trots!”