Maties na Potch vir halfeindstryd

In ’n vertoning wat die beste beskryf kan word as munt slaan uit die opposisie se foute, het FNB Shimlas vir FNB Maties met 44-12 uitoorlê in die laaste FNB Varsitybeker-groepwedstryd in Stellenbosch op Maandag 3 April. 

 Maties het geen punte in die tweede helfte aangeteken nie en in dié tyd 26 punte afgestaan.  

 Albei spanne het reeds hul plek in die halfeindronde bespreek, maar ’n tuis-halfeindstryd was op die spel. Komende Maandag speel Shimlas teen FNB UCT Ikeys in Bloemfontein, terwyl Maties na Potchefstroom reis om met die FNB NWU Arende kragte te meet. 

 Albei spanne was klinies in die openingsfase van die wedstryd, maar dit was die Shimlas wat hul geleenthede beter benut het ondanks die feit dat hulle byna twee keer soveel foute as Maties gemaak het. 

 Die tuisspan het egter in die eerste helfte 40% meer omgekeerde besit afgestaan as die span van Bloemfontein, ’n beduidende statistiek gegewe dat Shimlas rustyd met ’n voorsprong van ses punte (12-18) ingegaan het. 

 Marcqiewn Titus en Waqar Solaan het Maties se drieë in die eerste helfte gedruk. Beide Titus en Solaan is beloon vir hul uitstekende ondersteunende spel en ruimtelike bewustheid. Losskakel en kaptein Jurie Matthee het met een van die doelskoppe geslaag. 

 Shimlas se twee drieë in die eerste helfte – deur Jandre Nel en kaptein Thabang Mahlasi – was albei punt-van-oorsprong (POR) drieë. Albei is ook verdoel en die gaping was skielik 20 punte.  

 Twee drieë in die tweede helfte van Lourens Oosthuizen tesame met ’n POR-drie van die spoedvraat Siviwe Zondani het beteken dat Shimlas die laaste 10 minute van die wedstryd met ’n indrukwekkende voorsprong van 37-12 binnegegaan het. 

 Die plaasvervanger-skrumskakel Chadd Adams het finaal die wind uit die tuisspan se seile geneem met Shimlas se sesde drie. 

FNB Player That Rocks: Lourens Oosthuizen (FNB UFS Shimlas) 

PUNTEMAKERS: Maties 12 – DRIEË: Marcqiewn Titus, Waqar Solaan. DOELSKOP: Jurie Matthee. GEELKAART: Siyabonga Matanda. ROOIKAART: Siyabonga Matanda. Shimlas 44 – DRIEË: Jandre Nel, Thabang Mahlasi, Siviwe Zondani (sewepunt-drieë); Lourens Oosthuizen (2), Chadd Adams. DOELSKOPPE: Litha Nkula, Ethan Wentzel (3). 

FNB Maties: 15. Cade Croy, 14. Luke Burger, 13. Aydon Topley, 12. Waqar Solaan, 11. Marcqiewn Titus, 10. Jurie Matthee, 9. Mckyle Vomoer, 8. Eric Basson, 7. Louw Nel, 6. Siyabonga Matanda, 5. Marco van Rhyn, 4. Thys Kitshoff, 3. Ammaar Burton, 2. Willem van der Heever, 1. Vernon Matonga. PLAASVERVANGERS: 16. Siyabonga Ngubelanga, 17. Ian Rheeder, 18. Corné Weilbach, 19. Juan Beukes, 20. Jesse Johnson, 21. Thomas Bursey, 22. Grant de Jager, 23. Maselino Pooe. 

FNB UFS Shimlas: 15. Avuyile Mabece, 14. Siviwe Zondani, 13. Michael Annies Jnr, 12. Gideon Nel, 11. Asanda Kunene, 10. Litha Nkula, 9. Jandre Nel, 8. Kwezi Dlamini, 7. Thabang Mahlasi, 6. Lourens Oosthuizen, 5. Dylan Sjöblom, 4. Pierre-Raymond Uys, 3. Francisco Dos Reis, 2. William Moffat, 1. Johan Schutte. PLAASVERVANGERS: 16. Liyema Mgwigwi, 17. Henty Beukes, 18. Gerrit Visser, 19. Reinier Viljoen, 20. Lohan Potgieter, 21. Chadd Adams, 22. Ethan Wentzel, 23. Nkoka Ngobe.

Jandre Nel of UFS falls short of the try line during the 2023 Varsity Cup Round 7 match between Maties and UFS at the Danie Craven Stadium, Stellenbosch, SOUTH AFRICA
Luigi Bennett / Varsity Cup