V&A met nuut aangestelde algemene sekretaris van USSA Sokker, Ellroy Smith

V: Ellroy, geluk met jou aanstelling as algemene sekretaris van USSA Sokker. Hoe voel jy oor die aanstelling en hoe gaan dinge tot dusver op die komitee?

A: Dit is ’n opwindende tyd en ek sien uit na die uitdaging en om ’n bydrae tot USSA Sokker te maak. My doel is om die assosiasie verder te neem as waar die vorige bestuur dit gelaat het.

Q: Hoe sien jy sokker in die universiteitsomgewing ontwikkel?

A: USSA Sokker het ’n groot rol om te speel, selfs binne SAFA-strukture, so hopelik kan ek as ’n individu eerstens ’n bydrae tot die bestuur maak en dan ook tot USSA Sokker in die geheel. Ons soek op die oomblik na nuwe geleenthede en kompetisies om die profiel van USSA Sokker te lig. Ek sien uit na die uitdaging, maar ek beskou dit nie net as ’n uitdaging nie – eerder as ’n geleentheid om by te dra tot iets positiefs.

V: Laastens, wat beteken jou aanstelling vir sokker op Stellenbosch en ons groei as ’n universiteit?

A: Vir Stellenbosch in die algemeen dink ek dis fantasties dat ek daar is en eerstehandse inligting kan ontvang, maar ek wil ook ’n voorstaander van verandering wees en wat ook al ek op USSA-vlak leer, afbring na Stellenbosch om sokker in ons omgewing te probeer verbeter.

Ons wens Ellroy alles van die beste toe in sy rol by USSA Sokker!