Posts by natheerah
Druk jou nalatenskapstempel af!
Druk jou stempel af en ondersteun Maties Rugby se groeiende nalatenskap deur ons spesiale 150-jaar-beursfondsveldtog … en laat jou nalatenskapspoor agter op ’n plakket by die Danie Craven-stadion! Donateurs sal as legendes in eie reg erken word met ’n naamplakket in platinum-, goud- en silwerkategorieë. Dit kos R200 000 per jaar om ’n Maties Rugby-studente-atleet in…
Read MoreMaties Rugby 150 – ’n Erfenis wat gevier moet word
Maties Rugby betree in 2025 hul 150e jaar, ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis. Die klub is in 1875 gestig met ’n wedstryd wat op Die Braak gespeel is – met ’n ronde bal – en het gegroei tot een van die mees gedugte instellings van die spel. Vandag is Maties Rugby die tweede…
Read MoreOntmoet ons Varsitybeker-helde
Ons slagspreuk vir ons 150-jaar-viering by Maties Rugby is ’n “erfenis wat inspireer”. Ons vertrou dat hierdie helde vir 2025 hierdie nalatenskap vorentoe sal neem met trots en vaardige spel. Ontmoet ons FNB Maties Varsitybekermansoefengroep… EZEKIAL NGOBENI KAPTEIN OUDERDOM: 20POSISIE: SkrumskakelL: 1,75m; G: 77kgKWALIFIKASIE: BCom Landbouekonomie,3e jaarSKOOL: Hoërskool TygerbergSA Junior Springbok-groep 2024 CAREL VD MERWE…
Read MoreIlhaam Groenewald ontvang Provinsiale Ministeriële erkenning vir haar bydrae tot sportleierskap in Suid-Afrika
Sy het al groot lof verwerf vir haar ongelooflike bydrae tot sportleierskap en die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse vroue in sport, en was onder meer die eerste onafhanklike uitvoerende raadslid van SA Rugby (SARU) en ‘n lid van die SASCOC-raad. Haar mees onlangse toekenning, ‘n ministeriële toekenning van die Wes-Kaapse regering se departement kultuursake en sport,…
Read MoreERKENNING VIR GOEIE WERK
Maties Rugby se personeel, studente-atlete, alumni en die klub in geheel het in 2024 verskeie toekennings ontvang. Maties Sport-toekennings 2024 Ons het die jaarlikse Maties Sport-toekenningsgeleentheid oorheers. Maties Rugby is die klub van die jaar, Ezekiel Ngobeni is as die sportman van die jaar aangewys, en Kabamba Floors het die toekenning as afrigter van die…
Read MoreOpbou tot ’n Varsitybeker-oorwinning
Die Varsitybeker-kompetisie het sedert die ontstaan daarvan in 2008 die voorste jaarlikse universiteiterugbykompetisie in Suid-Afrika geword. Dit dien as ’n tentoonstelling van die toprugbytalent by universiteite reg oor die land en bied ’n platform vir studente om op ’n hoë vlak mee te ding. Baie Varsitybeker-spelers het later hul provinsies en ook die land as…
Read MoreEens ’n Matie, altyd ’n Matie
Een van die dinge wat klubpresident Charl Cronjé trots maak, is die feit dat lewenslange erelidmaatskap van Maties Rugby – ’n klub en ’n spel wat hy glo sy lewe gevorm het – aan hom toegeken is. In die sakewêreld is hy bekend as ’n transformerende en innoverende sakeleier; by Maties Rugby is hy bekend…
Read MoreNuwe afrigter vir Maties Netbal
Maties Netbal kondig met trots aan dat Sasha-Lee Petersen vanaf Januarie 2025 die nuwe hoofafrigter van Maties Netbal sal wees. Petersen is al meer as ’n dekade betrokke by Maties Sport as ’n student-atleet van 2014 tot 2020 en sedert 2021 is sy ’n afrigter by Maties Netbal. Van haar dae as speler in die…
Read MoreMaties slaggereed vir USSA se somer-toernooie
Die Maroenmasjien is besig met sy finale voorbereidings vir die Universiteit Sport Suid-Afrika (USSA)-toernooie, wat 2-16 Desember regoor die land plaasvind. Hierdie jaar se somer-toernooie bestaan uit nege sportkodes, waaronder basketbal, tafeltennis en seiljagvaart in Kaapstad; krieket en gholf in Bloemfontein; sokker in Kimberley; skaak en tennis in Pretoria en waterpolo in Oos-Londen. By die…
Read MoreMaties Sport vereer student-atlete
Die 49ste uitgawe van die Stellenbosch Universiteit (SU) Maties Sporttoekennings is op Vrydag, 18 Oktober in die Coetzenburg-sentrum aangebied. Verskeie toekennings is aan die ere-gaste – ons student-atlete – oorhandig. Die gasspreker vir die geleentheid was Ben-Jason Dixon, kaptein van die 2020 Varsitybeker-rugbyspan. Hy het sy graad in ingenieurswese in 2022 verwerf. Dixon speel tans…
Read More