V&A-sessie met Maties vrouerugby-afrigter Johann Zeier ná die sege by USSA-rugbysewestoernooi

Maties Sport: Hoe voel dit om as ’n USSA-kampioen wakker te word nadat julle die toernooi onoorwonne afgesluit het?
Johann Zeier: “Dit is beslis ’n emosionele een. Die groep het deur so baie gegaan, dit kan dalk die beste beskryf word deur na te verwys as ’n mallemeule-rit. Daar is geen twyfel nie dat die toernooi-oorwinning baie beteken vir elke lid van die groep. Ons werk al vyf jaar saam, so om by hierdie punt uit te kom, vroeër as waarvoor ons beplan het, is wonderlik.”

Maties Sport: Neem my deur die wedstryd; hoe het die span karakter getoon om sege oor Tuks te behaal?
Johann Zeier: “Ons het niemand van die plaasvervangersbank af gebruik nie, wat nogal vreemd in ’n seweswedstryd is. Die spelers was beslis aangeskakel. Ek vermoed dat al sou ek iemand wou vervang, ek dit nie sou regkry nie, want hulle het met ongelooflike toewyding gespeel en die begeerte vir ’n sege was intens. Die spelers op die veld in die eindstryd was bereid om elke sekonde alles wat hulle het te gee.”

Maties Sport: Wie was jou uitstaande speler van die toernooi?
Johann Zeier: “Daar was ’n paar massiewe stukkies spel – duikslae, skoppe, drieë – en spelers wat baie minute gespeel het. Ons hele groep was die uitblinker in hierdie toernooi, al 14 die spelers. Hulle was eenvoudig net fantasties. Of dit nou op die veld was of af van die veld om te help met logistiek, kan ek die hele toernooi as ’n besonderse spanpoging beskryf waarby elke individu gebaat het.”

Maties Sport: Wat beteken hierdie oorwinning vir vrouerugby by Maties?
Johann Zeier: “Dit is dalk ’n bietjie bevestiging vir wat ons vir die spelers probeer doen. Dit is vir ons belangrik om een van die voorste universiteite te wees ook as dit by vrouerugby kom en die sege is beslis ’n stap in die regte rigting.”

Maties Sport: Wat is jou hoop vir hierdie span vorentoe?
Johann Zeier: “Ek sal wil sien dat elke speler haar graad voltooi en die tyd wat hulle aan rugby spandeer ook te gebruik as ’n tyd om te leer, oor die lewe en hulself. Daar is nog baie wat ons wil bereik en nog baie harde werk wag.”