Vrouedag Blog Augustus 2022: Karabo Abuki

Wat het jy studeer? 

Ek het BSc (Hon) Sportwetenskap studeer. 

Hoekom het jy gekies om dit te studeer? 

My pa is oorlede toe ek in Graad 11 was. As gevolg hiervan was my einde van die jaar punte nie goed genoeg om my die geleentheid te bied om ’n beurs te kry nie (of so het ek destyds gedink). Ek wou eintlik regte of politieke wetenskap studeer, maar het daardie droom opgegee. Deur my matriek jaar het ek nie by enige universiteit aansoek gedoen nie aangesien ek gedink het ek sal nie aanvaar word nie of as ek dit doen, wou ek nie meer finansiële druk op my ma plaas nie. My ma het my later oortuig om enige kort kursus van my keuse te volg totdat ons ’n alternatiewe oplossing gevind het. Dis toe dat ek by eta ingeskryf het vir ’n diploma in afrigtingswetenskap … en so begin ek my reis na sportwetenskap. 

Met watter spanne en studente-atlete/atlete werk jy tans? 

Ek werk tans saam met Anika Pretorius, Zanele Situ en Maties Sokker. 

Wat is die beste deel van jou werk? 

Ek is die gelukkigste wanneer ek in die gimnasium of op die sokkerveld is. 

Wat is die moeilikste deel van jou werk? 

Ek is baie mededingend en daar word baie belê in ons atlete se reis. Die moeilikste deel van my werk is om te sien hoe ’n talentvolle speler wat baie hard op en van die veld gewerk het, nie slaag nie of uit die program val. 

Jy was ’n intern by die Maties Sport Hoë Prestasie-eenheid nadat jy met jou honneursgraad gegradueer het. Hoe het die internskap jou voorberei op die werk wat jy nou doen? 

Ek het my internskap oor ‘n tydperk van twee jaar gedoen (dankie Covid-19). Die eerste jaar was baie oorweldigend. Stel jou voor dat jy vinnig besef dat dit wat jy in teorie geleer het, is nie altyd in die praktyk van toepassing nie, terwyl jy moet aanpas by die hoë standaard van die HP-eenheid … tydens die Covid-19-pandemie!  

Daardie jaar was ’n jaar van nadenke, verhoudings en moed hou. Jaar twee was ’n geleentheid om die volle ervaring te kry van wat dit beteken om ’n krag- en kondisioneringsafrigter te wees; die vroeë ure en laataandsessies, om altyd ’n plan A tot E te hê, buigsaam en bowenal betroubaar te wees. Om met studente-atlete te werk, voeg ’n spesiale dinamiek by tot ons werk. 

Met die rol van krag- en kondisioneringsafrigter is jy ’n vrou in ’n histories mans gedomineerde industrie, het jy enige raad vir ander wat die loopbaan wil volg? 

My raad aan ander vroue wat ’n loopbaan in krag en kondisionering wil volg, is om dit sonder voorbehoud aan te pak. Soos voormalige Mej. Heelal Zozibini Tunzi eenkeer gesê het: “Leer jong meisies om ruimte op te neem en hulself te vestig”. Dit gesê, meer as enigiets, wees geduldig en verwag altyd om gevra te word of jy die span se fisioterapeut of biokinetikus is; aanvaar dit met grasie en trots! Neem besit van jou spasie en wees lief vir dit wat jy doen en waarvoor jy hard gewerk het.