Vyfjaarplan werp vrugte af vir Maties-vrouerugby

’n Trofee of ’n foto van die sege-vieringe vertel net die helfte van die storie.   Die Maties-vrouerugbyspan het onlangs die eerste Varsitybeker-titel vir vroue gewen. Op die tradisionele seëvieringsfoto, glimlag spelers en afrigters breed en straal almal van trots. Dié foto spreek egter van veel meer as net die bekende ‘1000 woorde’-frase wat deur Fred…

Read More

Maties na Potch vir halfeindstryd

In ’n vertoning wat die beste beskryf kan word as munt slaan uit die opposisie se foute, het FNB Shimlas vir FNB Maties met 44-12 uitoorlê in die laaste FNB Varsitybeker-groepwedstryd in Stellenbosch op Maandag 3 April.   Maties het geen punte in die tweede helfte aangeteken nie en in dié tyd 26 punte afgestaan.    Albei…

Read More

Maties nou tweede op Varsitybeker-puntestand

In ’n herhaling van die 2022 FNB Varsitybeker-eindstryd, het FNB Maties die verdedigende kampioen, FNB UP-Tuks, op Maandag 20 Maart in die Danie Craven-stadion deeglik met 46-35 geklop.  Die Stellenbosch-span bevind hom nou net drie punte agter die algehele voorlopers, NWU Arende.   Ondanks die feit dat Maties in die eerste helfte drie keer meer foute…

Read More

Maties Rugby-kaptein ken van onder druk presteer

Die Maties Rugby-kapteinskap beteken vir hom meer as om net voor te draf uit die tonnel, vir Jurie Matthee is dit die geleentheid om ’n verskil te maak in iemand se lewe.  “Met die kapteinskap kom die verantwoordelikheid om die span se kultuur te dryf, die standaarde te stel en leiding te neem wanneer dit…

Read More

Anika Pretorius: van baanatleet tot roeier

Anika Pretorius het as 10-jarige haar atletiek-loopbaan begin. Terwyl sy aanvanklik aan hoogspring en verspring deelgeneem het, het haar sig geleidelik verswak en het sy na naellope oorgeskakel. Ten spyte van die feit dat haar sig nog meer agteruitgegaan het, het sy aanhou kompeterend hardloop.  As 19-jarige het Anika haar Spele debuut by die 2012…

Read More

US verwelkom leerders van Bishop Lavis

Deur Maties Sport Media en Kommunikasie-eenheid    Leerders van die Bishop Lavis-gemeenskap het onlangs ’n opwindende toer van die Universiteit Stellenbosch-sportfasiliteite gehad. Die dag was deel van ’n reeks geleenthede wat deur die SLEAK sosiale impakprojek bestuur word. Daar is met elke skoolkwartaal ’n toegewyde tema.    Die tema vir hierdie kwartaal se gebeure was…

Read More

Maties Basketbal sien uit na mededingende USSA

Na ’n kort, maar mededingende ligaseisoen vir die Maroenmasjien, vestig Maties Basketbal nou hul aandag op die USSA-toernooi wat in Johannesburg by Wits Universiteit plaasvind.    Vroeër die maand het beide die vroue- en manspan aan die Kaapse Basketballiga-uitkloptoernooi deelgeneem. Die vrouespan is as kampioen gekroon en die mans het as naaswenners geëindig.    Hoofafrigter…

Read More

Maties gereed vir Varsity-netbalhalfeindstryd

Deur Cody Hansen  Die Universiteit Stellenbosch se netbalspan pak die Universiteit van Johannesburg (UJ) in die halfeindronde van die Varsity-netbalreeks op 10 Oktober in die Coetzenburg-sentrum.  Maties was tot dusver foutloos in die kompetisie, het al sewe hul wedstryde gewen en boaan die Varsity-netbalpuntelys geëindig. Maties mik na hul vierde Varsity-netbaleindstryd, nadat hulle ook in…

Read More

US-doelbal gereed om seisoen op hoogtepunt af te sluit

Met ’n suksesvolle klubseisoen tot dusver, is die Maties-doelbalklub op die punt om die Wes-Kaapse rekord vir die meeste agtereenvolgende oorwinnings te verbeter. Die span is tans onoorwonne na 11 wedstryde, sê Wentzel Barnard, ParaSport Bestuurder by Maties Sport.  Die 2022-seisoen tot dusver  Die sesde toernooi van die seisoen is op 15 Oktober in die…

Read More

Hi-Tec en Maties Rugby hernieu vennootskap

Maties Rugby het sy vennootskap met Hi-Tec as die klub se amptelike borg vir spandrag kort voor die aanvang van USSA- en Varsity Sport-sewesrugbytoernooie verleng.    “Hi-Tec is sedert 2018 die borg van die Maties Rugbyklub se spandrag (wat nie klere waarin gespeel word insluit nie). Studente geniet dit om dié handelsmerk te dra. Ons…

Read More