Leila stel standaard vir student-atleet wees

Leila Broomhall, ’n opkomende ster in die wêreld van waterpolo en boorling van Noordhoek, het onlangs haar BSc-graad aan die Stellenbosch Universiteit verwerf. Haar akademiese reis het by Bay Primary begin, gevolg deur Reddam House in Constantia, waar haar liefde vir swem en sport haar waterpolo-loopbaan aangewakker het. Broomhall (22) het reeds ’n indruk op…

Read More

Blitsige Ekeji terug met mening

Die belowende FNB Maties-vleuel Paschal Ekeji het ’n suksesvolle terugkeer na rugbyveld gemaak nadat hy weens ’n besering lank aan die verkeerde kant van die kalklyne was. Die 21-jarige spoedvraat het tydens die 2022-seisoen in twee Curriebeker-wedstryde vir die Westelike Provinsie gespeel voordat hy ’n kniebesering opgedoen het wat hom meer as ’n jaar langs…

Read More

Vernon soek Varsitybeker

Hy hoop om in die voetspore van die legendariese Springbok Tendai ‘Beast’ Mtawarira te volg. Beast is die inspirasie agter Vernon Matongo (22) se besluit om sy eie stempel op rugby af te druk. Dié Maties Rugby-loskopstut, is afkomstig van ’n oostelike voorstad in Harare, Zimbabwe genaamd Cranborne. Hy het onlangs tydens die Universiteit Stellenbosch…

Read More

Maties reg vir tweede Varsitybeker-toernooi vir vroue

Met die FNB Varsitybeker- en FNB Varsityskild-toernooie wat gereedmaak vir die uitspeelrondes, is ondersteuners angstig vir die begin van die Varsitybeker-toernooi vir vroue.  Die toernooi, wat op Vrydag 22 Maart begin, beloof om selfs meer opwindend te wees as die eerste seisoen in 2023. As een van die vinnigste groeiende spansporte wêreldwyd, bly die Varsitybeker-kompetisie…

Read More

Maties kaptein lei met voorbeeld eerder as woorde

Hy is nederig en sagmoedig en daarom mag Matt Gray op die oog af dalk na ’n onwaarskynlike kaptein vir die Maties Rugby-span lyk. Maar dit is inderdaad die rol wat hy in vanjaar se FNB Varsitybeker-toernooi sal vertolk. Gray is een van slegs ’n handjievol Engelssprekende kapteins in die span se meer as 100-jarige…

Read More

Nóg Kampus Sport op die kalender

Maties Sport is gereed vir die 2024 Kampus Sport-bumperaande by Coetzenburg. Soos verlede jaar beloof dit om ’n opwindende aand te wees. In 2023 was daar drie onvergeetlike bumperaande met groot sukses aangebied. Anche Nortje, sportbestuurder verantwoordelik vir die Kampus Sport-bumperaande, vertel dat vanjaar se aande nét so opwindend en onvergeetlik sal wees as dié…

Read More

Ons is trots op David

Maties Alumni spog op internasionale sport verhoog Enige held wat sy sout werd is, moet eers ’n merkbare terugslag oorkom in sy stryd om aan die einde as oorwinnaar te staan. In die storie van beroepsport kry die held nie altyd wat hy verdien of waarvoor hy gewerk het nie. Maties Sport Alumni David Bedingham…

Read More

Floors sien uit na sy eerste Varsitybeker-toernooi as hoofafrigter

Met die FNB Varsitybeker-rugbytoernooi om die draai, het Maties Sport met Maties Rugby se Hoofafrigter Kabamba Floors gaan sit om te gesels oor sy verwagtinge vir die toernooi. Nadat Floors in Julie verlede jaar as hoofafrigter oorgeneem het, het hy ’n suksesvolle tweede helfte van die 2023-seisoen gehad. Maties se eerste rugbyspan het die USSA-titel…

Read More

Niemand Maties Netbal se nuwe hoofafrigter

Die jaar het met groot opgewondenheid en hartseer begin, met die bedanking van Maties Netbal se jarelange hoofafrigter Zanele Mdodana. Mdodana was vir sewe jaar (2016-2023) die vuur agter Maties se netbalspan. Die hoogtepunt van haar tyd by Maties was die span se eerste Varsity Netbal-titel in 2022. Dié jaar het ook die USSA-titel ingesluit.…

Read More

Sylvester slaan nuwe rigting in met rugby

Sy kan nie ’n tyd onthou wat sy nie aan sport – enige sport – deelgeneem het nie. Elitha Sylvester, wat ’n Baccalaureus in Onderwys aan die Stellenbosch Universiteit het, het sedert die ouderdom van sewe in atletiek, gimnastiek, swem, landloop en netbal uitgeblink. Die sportiewe agtergrond ten spyt het sy nooit verwag om Suid-Afrika…

Read More