Nuus
Maties Sokker wen ABC Motsepe Nedbankbeker
Maties Sokker het FN Rangers ná strafdoele met 4-2 geklop om die ABC Motsepe Nedbankbeker-toernooi te wen. Die pad na die eindstryd was nie te moeilik vir Maties nie. Die Maroenmasjien het twee maklike seges in die kwarteindstryd en halfeindstryd behaal. Kwarteindstryd: Maties 1 (Clarke), Houtbaai United 0; Halfeindstryd: Maties 2 (Mahlalela), Eagle Performance Academy…
Read MoreKampussport-aande groot sukses
Maties Sport het met Kampussport-bumperaande ’n nuwe aanbod in ontspanningssport aan die Stellenbosch Universiteit-gemeenskap bekendgestel. Dié bumperaande het begin met ’n verskeidenheid sportkodes wat almal op ’n Vrydagaand gespeel is. Die sportkodes sluit in rugby, netbal, sokker, hokkie, tennis, tafeltennis en basketbal. Die inisiatief is daarop gemik om studente se fisiese fiksheid, geestelike welstand en…
Read MoreMaties Rugby duo verteenwoordig Suid-Afrika by FISU sewesbyeenkoms
Na afloop van die 2024 FNB Varsitybeker-toernooi waartydens Maties se vroue die silwermedalje gewen het, is twee van die span se spelers vir hul uitsonderlike spel beloon met plekke in die Suid-Afrikaanse vir die FISU Wêreld Universiteitspele rugbysewes. Aksie is van 10-12 Junie in Frankryk. Sportwetenskap Honneursstudent Elme Kruger en derdejaar Sportwetenskap-student Ankia Viljoen is…
Read MoreStellenbosch Universiteit gasheer vir 2026 FISU rugbysewes-toernooi
Vir die eerste keer sedert die ontstaan van die byeenkoms, sal Suid-Afrika die gasheerland wees vir die Internasionale Universiteitsportfederasie (FISU) se 2026 rugbysewes-toernooi, en die Stellenbosch Universiteit (SU) sal die voorreg hê om slegs die tweede Afrika-universiteit te wees wat hierdie tweejaarlikse internasionale universiteitsrugby-toernooi aanbied. Die Universiteit van Namibië het in 2018 die toernooi aangebied.…
Read MoreDag in die lewe van Drikus Hancke
As Direkteur van Maties Rugby gebruik Drikus Hancke sy intense passie vir die spel én Maties om die Maties Rugby-program te verbeter. Sy strategiese leierskap bevorder nie net ons spanne se prestasie op die veld nie, maar versterk ook die lewendige sportkultuur by Stellenbosch Universiteit (SU). Terwyl ons in Mei Werkersdag vier, wy ons hierdie…
Read MoreToernooi beklemtoon talent van WP- en Maties-hokkie
Die onlangse o.21-nasionale toernooi het nie net die hokkie-talent binne die Westelike Provinsie (WP) ten toon gestel nie, maar ook die groot invloed van die Universiteit Stellenbosch se hokkieprogram beklemtoon. Maties se mansafrigter Bevin Bennett – ook die nasionale o.21-hulpafrigter – en Maties-sterre Caylin Maree en Daniel Neuhoff deel hul perspektief oor die belangrikheid van…
Read MoreStellenbosch-sokkerklub deel van die 2024 Sasol-vroueliga
Die Stellenbosch-sokkerklub kondig met trots aan dat dié klub aan die 2024 Sasol-vroueliga gaan deelneem. Die Stellenbosch-sokkerklub het die vroue-span van die Universiteit Stellenbosch as franchise bekom. As deel van die ooreenkoms het dié twee entiteite ’n unieke samewerking gevorm om die ontwikkeling van vroue sokker in Stellenbosch en die breër Kaapse Wynland-gemeenskap te bevorder.…
Read MoreFNB Maties-rugbyvroue gereed om Varsitybeker te verdedig
FNB Maties-rugbyvroue wil hul oorheersing in universiteits-vrouerugby bevestig. Die verdedigings van hul FNB Varsitybeker is môre teen FNB UFH in Pretoria, waar die eindstryd plaasvind. Maties se hoofafrigter, Johann Zeier, glo sy span – grotendeels bestaande uit ’n nuwe groep spelers – het goed presteer met die verloop van die seisoen. “Die seisoen was tot…
Read MoreOns is opgewonde om ons 2023-jaarverslag te deel
Dié verslag sluit ons prestasies, areas vir verbetering, en mylpale in die bevordering van sportuitnemendheid, studente ontwikkeling en die versterking van ons kampusgemeenskap deur ’n diverse sportmodel in. Ons het merkwaardige vertonings gesien, oorwinnings gevier en betekenisvolle verhoudings met ons belanghebbendes gedurende die jaar gesmee. Ons student-atlete het hul vaardigheid op die sportveld en hul…
Read MoreMaties wil VB-geskiedenis herskryf
Kabamba Floors en sy FNB Maties-rugbyspan is twee seges weg om hul name in die geskiedenisboeke van die FNB Varsitybeker-toernooi te verewig as die eerste span wat die gesogte trofee ses keer kon wen. In die eerste van die twee halfeindstryde op Maandag, 15 April verwelkom Maties die 2015-kampioene, Shimlas, in Stellenbosch, waar ’n vol…
Read More